praag.co.za

DA kla oor EFF se swaar straf

Written by

in

,

Die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte het die verslag aanvaar wat strafmaatreëls aanbeveel teen 20 EFF-parlementslede.

Die DA maak egter beswaar teen die verslag én die strafmaatreëls.

DA-lid van die komitee, Annelie Lotriet, sê die rede waarom die DA die aanvaarding van die verslag en die strafmaatreëls teenstaan, is omdat daar soveel gebreke in die hele proses was.

Sy meen die strawwe teen die EFF is te swaar.

Die LP’s van die EFF is skuldig bevind aan minagting van die parlement nadat hulle president Jacob Zuma se mondelinge antwoordsessie in die Parlement meer as twee maande gelede ontwrig het.

Sy sê geregtigheid ontbreek en die DA is van mening dat dit baie onregverdig is om so ‘n swaar straf op te lê waar die hele komitee en die prosedures problematies was.

Die komitee het die verslag oorweeg met al die bevindinge en aanbevelings wat by die Nasionale Vergadering ingedien moet word.

Die komitee het strafmaatreëls aanbeveel insluitende skorsing vir 30 dae sonder salaris.

Die voorsitter van die komitee, Lemias Mashile, sê hulle het sekere wysigings aan die verslag aangebring wat nou by die parlement ingedien sal word.

 

Comments

7 responses to “DA kla oor EFF se swaar straf”

  1. Gas Avatar
    Gas

    Zuma moet die EFF se afwesigheid van 30 dae gebruik om vinnig sy verpligte vier verskynings per jaar in die parlement om vrae te beantwoortd in te pas! Weet nie hoeveel van die vier nog oor is nie.

    1. Witber Avatar
      Witber

      vier is oor

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    he he he he he onthou dit, die volgende keer wanneer julle blou hempies weer klippe met die kop vang.
    Gee asb daardie 30 dae salaris terug aan die belastingbetalers
    Antie Lottiet, die hele regring het gebreke, nie net die straf proses nie. Moet moeilik wees on n DA te wees, jy weet nie eintlik waar jy wil gatkruip nie.

    1. G Avatar
      G

      Nee daar is jy verkeerd. As dit swart en bruinhol is, enige tyd

      1. Witbeer Avatar
        Witbeer

        hie hie hie hie skuus man my geheue nie altyd so skerp nie, wha ha ha ha

  3. Henrietta Avatar
    Henrietta

    Maak die DA dalk voorbrand vir wanneer van HULLE lede moontlik in die toekoms die deur gewys word? 🙂 🙂

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Tipiese libgedrag – stout kinders mag nie gestraf word nie.

Leave a Reply