Net gister ontvang ek ‘n vonkpos rakende ‘n artikel wat geskryf is deur Prof. Herman Gillomee gedateer 3 November 2014 waarin hy die Marxistiese ANC regering van “raad” voorsien hoe om die ekonomie weer in die regte rigting te trek.
Hy bepleit ‘n meer inklusiewe vorm van regering maar maak sekere aannames rakende regimeverandering en die redes daaragter. Volgens Gillomee was die finansiële krisis van die 1980’s in Suid-Afrika uiteindelik verantwoordelik daarvoor dat die ANC sonder veel moeite die nuwe regering geword het.
Enigiemand met basiese kennis sal weet dat dit ver van die waarheid is. Alhoewel dit dalk ‘n bydraende faktor kon gewees het, was dit nie die primêre beweegrede agter die ANC se klinklare sukses om die NP te ontsetel nie.
Nou ek verstaan dat Prof Gillomee ‘n geskiedkundige is en nie ‘n ekononoom nie en nog minder ‘n ekonomiese geskiedkundige. Dit is te bespeur in van die wilde aannames wat hy maak.
Of miskien is dit nie aannames nie maar ‘n verontskuldiging van die wit liberales se rol en verantwoordelikheid in die fiasko wat vandag as Suid-Afrika bekend staan? Prof Gillomee is juis een van die Dakargangers wat willens en wetens met ‘n ongenaakbare marxistiese vyand gaan heul het.
Hierby bedoel ek nie verraad teenoor die NP regering nie maar verraad teenoor burgers van die land, beide wit en swart. Burgers wat nou uitgelewer is aan patologiese korrupsie, misdaad, die geite van sjampanje sosialiste, populistiese demagoë wat slegs in mag belangstel en onbevoegdheid wat aansienlike afmetings begin aanneem.
Op hierdie gegewe dag publiseer Volksblad, nog een van Naspers se kreupel dagblaaie wat ‘n stryd teen Afrikaners voer, ‘n artikel wat as (nog) ‘n dwarsklap teen Steve Hofmyer moet dien. Hierin word daar aangevoer dat Afrikaners na “leiers” moet soek en nie “dwase” nie.
Waar is al die liberale Dakargangers wat hulself al vir meer as 20 jaar onderling op die skouer klop? Hulle wat sommer namens ons lewensbelangrike besluite geneem het en die las van leierskap geannekseer het? Hoekom is hulle nie meer die “leiers” waarna Naspers so naarstiglik soek nie?
Miskien omdat hulle eenkant in verwarring sit en kyk hoe ‘n eens vooruitstrewende land verander in alles wat Afrika noord van ons grense altyd belowe het dit sal word. Heel moontlik omdat hulle ideologiese turksvye net so onaptytlik is soos dié van die marxisme en hulle dit besef, terwyl die gewone man op straat die een is wat daagliks die spit moet afbyt.
Heel logies dus, het liberalisme regdeur die wereld sy rakleeftyd oorskry en word nou grootliks oral verwerp.
Met die onlangse Amerikaanse middeltermynverkiesing het die Republikeine – gelei deur die konserwatiewe Tea Party – nie gewoon net die Demokrate met hulle “progressiewe” liberale agenda verslaan nie, maar heeltemal verpletter.
In Duitsland het duisende werkersklasmense die strate ingevaar en aangedring daarop dat die liberale multikulti-idee van massa-immigrasie gestaak moet word. Der Spiegel berig dat etniese Duitse kinders begin terugkeer na Nazi-idees in hoe hulle mekaar groet. Moskees word sommer in die proses afgebrand.
Marie Le Pen se Front Nasionaal het met rasse skrede vooruitbeweeg terwyl die party die Europese Unie se greep op Frankryk en ander lidlande immer harder bevraagteken. Die EU is in wese ‘n Sosialistiese Demokrasie, dus liberaal.
Dieselfde geld vir UKIP in Brittanje. Oral in die wêreld is die skuif na regs te bespeur en stadig maar seker draai die man op straat se uitkyk terug na die tradisionele, die konserwatiewe en kom kiesers in opstand teen die liberaal se magtigste wapen: Politiese korrektheid.
Ook in Suid Afrika gebeur dit. Soos Dr. Dan Roodt voorheen genoem het, is die linkses besig om beheer oor Suid-Afrika te verloor. Die skuimbek-walgwors-kaskenades van ‘n Conrad Koch, Johan Pienaar, Rebecca Davis, Daily Maverick, Mail & Guardian en natuurlik Naspers se agterryers getuig hiervan. Dit is soos die laaste stuiptrekkings van ‘n vark by die abattoir: Besonder skril en sonder doel.
En intussen, terwyl liberale ten alle koste voorgee dat alles nog piekfyn is, behalwe nou vir daardie paar rassistiese wit Afrikaners wat weier om polities korrek te wees, is die land wat voorheen bekend was die Republiek van Suid-Afrika stadig maar seker besig om die abnormale as die normale te omhels.
Soos Crunchie graag sê: “Alles IS honkiedorie in hierdie sirkus…hoe KA-AKKER hoe BETER. Om te steel is self empowerment, om te moor is culture preservation en onthutsing oor verkragting is ‘n white colonialist thing that has no place in Africa.”
Götterdämmerung
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.