praag.co.za

Tag: farming

  • Rusland en VSA in kernsamesprekinge gewikkel

    Image

    Sergei Lavrof

    Die VSA en Rusland het Dinsdag met 'n eerste rondte samesprekinge begin om 'n Koue-Oorlog kernooreenkoms wat in Desember verstryk te vervang. Die samesprekinge oor strategiese wapenbeperking, in Engels bekend as Strategic Arms Reduction Treaty of START, se uitkoms sal verreikende gevolge vir wêreldvrede inhou.

    Die ooreenkoms was destyds 'n poging om 'n kern-Armageddon te vermy. Suksesvolle onderhandelinge sal Obama se aansien as vredemaker verhoog en verhoudinge tussen Rusland en die VSA verbeter. Obama het reeds die hoop uitgespreek dat die toekoms tegemoet gegaan moet word sonder kernwapens.

    Die samesprekinge beteken vir Rusland ook verhoogde aansien, aangesien dié land as 'n gelyke gesien sal word met die VSA. Die onderhandelinge vind tans agter geslote deure plaas.

    Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrof, het na sy ontmoeting met sy eweknie Hillary Clinton, gesê daar is 'n goeie kans dat die twee lande se posisies nader aanmekaar kan beweeg en om ooreenkomste te bereik.

    Onder die vorige Amrikaanse administrasie was daar talle struikelblokke. Moskou wil 'n breë ooreenkoms sien wat die aantal kernkoppe sowel as die aflewering daarvan insluit, terwyl Washington net op "operasioneel ontplooide" kernkoppe wil fokus.

    Die Amerikaanse plan om 'n afweerskild in Oos-Europa op te rig kan 'n ooreenkoms tussen die twee lande egter in die wiele ry.

    Rose Gottemoeller, wat onlangs die bestaan van Israel se kernarsenaal erken het, sal die Amerikaanse span lei, terwyl Anatoly Antonov die Russe sal verteenwoordig.

    START wat in 1991 onderteken is, bepaal dat die VSA se strategiese kernarsenaal van 9 986 kernkoppe tot 8 556 verminder word en Rusland s'n van 10 237 tot 6 449.

    Die ooreenkoms wat gesien word as 'n hoeksteen van strategiese wapenbeheer, se uitkoms is ook belangrik vir opkomende magte soos Indië en China. China het 'n uiters gesofistikeerde kernarsenaal.

    Indië, die streeksleier in Suid-Asië, het tot dusver geen leierskap in kernaangeleenthede getoon nie en die opbouende spanning tussen Indië en Pakistan, nog 'n kernmoondheid, is rede tot kommer.

    для пескоструйногоФильчаков прокурор харьков

  • Sanco dreig met massa-aksie

    Sanco het Maandag gedreig dat hulle Vodacomsubskripsiehouers gaan mobiliseer. Die stap kom nadat Cosatu en Okosa se aansoek teen die notering Vodacom van die hand gewys is.

    Woordvoerder vir Sanco, Dumisani Mthalane, het gesê dit is nie "die einde van die oorlog" nie.

    Hy het gesê dit is tyd dat al die lae-inkomste groepe, die werkloses en krotbewoners asook elke besorgde Suid-Afrikaner opstaan teen die uitbuiting van groot geldmagte wat winste uit die armes maak.

    Sanco sal gehoor gee aan die oproep van Cosatu om 'n nasionale boikot teen alle Vodacomprodukte in te stel en hulle gaan binnekort aan 'n strategie werk om die massas te mobiliseer. Geen datum vir die beplande aksie is aangedui nie.

    Mthalane het die gedagte dat werk geskep sal word deur die transaksie waar Vodacom se aandeel aan die Britse Vodafone verkoop is, verwerp.

    Hy sê gemeenskappe is om die bos gelei met die sogenaamde Buitelandse Direkte Investering projekte omdat die armes nie daarby gebaat het nie. Dit het trouens meer ellende vir die mense gebring.

    Mthalane het Vodacom daarvan beskuldig dat hulle nie hulle beloftes om dienste aan verafgeleë gemeenskappe te bring, gestand gedoen het nie.

    "In plaas daarvan het hulle tariewe so hoog geraak dat die meeste gemeenskappe dit nie meer kan bekostig nie, en ons glo dat hierdie toestand net sal vererger as buitelandse beleggers winste wil sien uit die transaksie."

    Mthalane sê die boikot is nie teen buitelandse beleggers gemik nie, maar 'n voorkomende maatreël om te verhoed dat beleggers kwade bedoelinge het.

    справка о болезниданильченко юрій Харків

  • Ghaddafi gaan volgende AU-spitsberaad hou

    Moeammar Ghaddafi, wat tans die voorsitter van die Afrika-unie is, het gister in Tripoli samesprekings gevoer met Andry Rajoelina wat onlangs gedurende ’n staatsgreep in Madagaskar aan bewind gekom het.

    Ghaddafi het die self-aangestelde nuwe president oorreed die volgende spitsberaad van Afrika-leiers in Julie in Libië te hou.

    Die AU het by sy leiersberaad aan die begin van die jaar in Addis Abeba besluit dat die AU-beraad in Julie in Antanarivo sou plaasvind. Madagaskar is egter ná die staatsgreep uit die AU geskors.

    Dit was die beurt van die Indiese Oseaan-groep om die beraad aan te bied, en Mauritius is vir die doel oorweeg. Maar die AU het gisteraand aangekondig dat die beraad in Surt aan die Middellandse See gehou sal word.

    Dit is bekend dat Ghaddaf die spitsberaad self wil aanbied om sy aanvaarding in die internasionale gemeenskap te verstewig.

    справку вФільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Massa eksodus uit Brittanje

    Brittanje beleef tans die grootste eksodus van sy eie mense in sy onlangse geskiedenis. Nuwe data toon boonop dat immigrasie ongehoorde hoogtes bereik het.

    In 2007, het 207 000 Britse burgers die land verlaat. Dit is gelykstaande aan een persoon elke drie minute. 'n Maatskappy wat gemoeid is met buitelandse valuta, naamlik Foreign Currency Direct, het openbaar dat een uit elke vier werkende Britte tans beoog om groener weivelde op te soek in warmer lande met beter werksgeleenthede.

    'n Verhoging in belasting wat die hoër inkomstegroepe teiken en 'n styging in werkloosheid in Brittanje is deels verantwoordelik vir die massa eksodus.

    Die aantal werklose Britte in Birmingham is die hoogste van enige groot Britse stad, en daarom is die aantal mense wat beplan om te verhuis om oorsee te gaan werk soek daar 17% in vergelyking met 13% elders in die land.

    Die meeste Britte wil na 'n warmer plek gaan en verkies ook lande waar Engels gepraat word. Australië is die gunsteling, daarna die VSA en Nieu-Seeland. Ten spyte van die weer is Kanada ook 'n bestemming wat oorweeg word.

    палатка купить харьковЛобановский

  • Swart vuurwapeneienaars gaan betoog

    Die Swart Vuurwapeneienaarsvereniging van Suid-Afrika wil 'n protesoptog hou teen aspekte van die Vuurwapenwet, het 'n woorvoerder Maandag aangedui.

    Hulle hoop om 10 000 deelnemers Vrydag in Durban byeen te kry het nasionale voorsitter van die BGOASA, Abios Khoele, gesê.

    Ondersteuners sal 'n lys besware wat aangespreek moet word aan die minsiter van veiligheid en sekuriteit oorhandig."

    Die beswaarskrif vra dat wapens wat gekonfiskeer word, geoudit moet word en dat 'n volledige verslag aan die BGOASA en aan die publiek voorgelê moet word.

    Die vereniging vra ook om dadelik die minister in die verband te ontmoet.

    Die sperdatum van 30 Junie vir lisensiehernuwing moet aangeskuif word en die kriminalisering van wetsgehoorsame, belastingbetalende vuurwapeneienaars moet ophou.

    "Die arbitrêre konfiskering van eiendom deur die regering sonder vergoeding moet ophou," het Khoele gesê.

    детские игрушки купитьФильчаков прокурор харькова

  • Cosatu gebruik steeds Vodacom

    Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi en woordvoerder Patrick Craven maak steeds gebruik van Vodacom. Die SAUK het Maandag berig dat die twee leiers van die vakbond aangeteken is op die Vodacomnetwerk.

    Cosatu het 'n oproep gedoen aan hulle lede om die selfoonmaatskappy te boikot nadat hulle nie Sondag daarin kon slaag om Vodacom se notering op die Joahnnesburgse Aandelebeurs te stuit nie.

    Craven het aan die openbare uitsaaier gesê dat hy en Vavi die netwerk sal ophou gebruik as die vakbond se sentrale uitvoerende komitee die besluit om Vodacom te boikot, bekragtig het.

    casino online freeпрокурор Фильчаков

  • Sepies kan binnekort verdwyn as die SAUK nie opdok nie

    Die Burger berig dat TV-vervaardigers vandag ’n noodvergadering hou om te besluit wat om te doen oor uitstaande betalings van miljoene rande deur die SAUK. Die wanbetaling deur die openbare uitsaaier dreig om die produksie van verskeie TV-programme te ontspoor.

    Die SAUK se skuld beloop glo meer as R40 miljoen. Die openbare uitsaaier het bevestig dat hy in ’n reusetekort sit.

    “Ek is baie bekommerd oor die SAUK,’’ het Frederick Stark, Generations-vervaardiger gister aan Die Burger gesê. “Die instansie staan op die rand van algehele ineenstorting en ek weet nie hoe dit toegelaat kon word dat die SAUK op hierdie desperate punt kon kom nie.”

    Net die program Generations alleen – Suid-Afrika se heel gewildste program en gewildste daaglikse sepie – word reeds R9 miljoen geskuld.

    Nie alleen Generations nie, maar van die land se heel gewildste programme soos 7de Laan, Isidingo en ander swart reekse kan binne weke van TV-skerms verdwyn en deur heruitsendings vervang word indien die SAUK nie van iewers geld kry om sy agterstallige rekeninge vir programme wat reeds gelewer is, te betaal nie.

    Plaaslike vervaardigers weier om enige nuwe videobande aan die SAUK te gee as die uitstaande skuld betaal nie betaal word nie.

    игры для дивчатоклобановский александр жена

  • ‘n Waarheids- en versoeningskommissie vir die VSA?

    President Barack Obama word tans heftig gekritiseer omdat hy weier om nuwe foto's uit die Abu Ghraib-gevangenis vry te stel.

    Sy heel eerste stap was egter om, nadat hy die presidentsverkiesing gewen het, dadelik die sluiting van die gevangenis in Guantanamo aan te kondig. Die beskuldigdes sou ook nie militêr verhoor word nie.

    Maar die probleme wat sy laasgenoemde besluit meegebring het, het die president Donderdag laat besluit om weer die weermag se regstelsel in te span, hierdie keer met aanpassings om die "regverdigheid" te verbeter.

    Menseregtegroepe is woedend oor die twee besluite en beskuldig Obama daarvan dat hy terugkeer na sy voorganger, Bush, se onmenswaardige beleid.

    Aanvanklik het die Withuis gesê hulle sal 2 000 nuwe foto's van marteling en mishandeling vrystel, maar nadat militêre raadgewers gewaarsku het dat dit die VSA se magte in Irak en Afghanistan aan groter risiko kan blootstel, het die Oabama-administrasie van die plan afgesien.

    "Die bekendmaking van hierdie foto's sal nie enige bykomende waarde toevoeg aan ons begrip van wat 'n klein aantal individue gedoen het nie," het Oabam Donderdag gesê. "Om die waarheid te sê, sal die direkte gevolg van die vrystelling daarvan, glo ek, anti-Amerikaanse sentiment verder aanblaas en ons troepe in groter gevaar stel."

    In Europa is Obama se besluit met skok ontvang. In Duitsland het die Tageszeitung berig dat die mensregtemisdade wat tydens Bush se termyn gepleeg is nou nie gestraf sal word nie. Hulle het Obama van 'n toesmeerdery beskuldig.

    Die Financial Times Deutschland bekla eweneens die feit dat Obama nie sy beloftes van deursigtigheid en etiese gedrag gestand doen nie, maar meen dat dit om veiligheidsredes verstaanbaar is.

    Die Süddeutsche Zeitung tref die vergelyking met Suid-Afrika. Die koerant skryf dat Obama 'n pynlike besluit sal moet neem. "Die VSA sal die kwessie van marteling en mishandeling wat hulle gebruik moet konfronteer, op dieselfde wyse as wat ander lande hulle verledes hanteer het. Dit sou 'n korrekte stap wees om 'n liggaam op te rig soos die Waarheids- en versoeningskommissie in Suid-Afrika. Anders sal die skandvlek van sy voorganger op Obama reflekteer."

    блузка для девочки купитьФільчаков прокурор

  • Tamil Tiere se brul is uit

    Die Tamil Tiere het gister erken hulle het ’n nederlaag gely in die 25 jaar lange oorlog met die regering van Sri Lanka en aangebied om hul wapens neer te lê namate regeringsmagte hul laaste vesting in die noordooste oorrompel het.

    Die regering het die aanbod van ’n skietstaking verwerp en gesê die duisende burgerlikes wat in die oorlogsone vasgekeer was, is almal in veiligheid gebring en daar was geen rede meer om die stryd te staak nie.

    Met die oorlog wat einde se kant toe staan, het inwoners van Sri Lanka die strate ingevaar en spontaan feesgevier. Pres. Mahinda Rajapaksa het ’n nuuskonferensie vir môre in die parlement belê wat reg oor die land gebeeldsend sal word.

    Die lot van die Tamil Tiere se top-bevelvoerders blyk steeds onbeslis te wees, en dis onduidelik waar die kluisenaaragtige rebelleleier, mnr. Velupillai Prabhakaran, hom bevind. ’n Senior militêre amptenaar het gesê troepe het die lyke van verskeie rebelle-soldate gevind wat gister selfmoord gepleeg het toe hulle deur dié troepe omsingel is.

    Dié lyke was vermoedelik dié van Prabhakaran en sy adjudante, maar die weermag probeer steeds hul identiteit vasstel, het ’n amptenaar gesê wat anoniem wou bly.

    Gister het Tamil Tier-selfmoordbomaanvallers troepe geteiken en dié troepe het minstens 70 rebelle doodgemaak wat probeer vlug het, het die weermag gesê.

    “Hierdie stryd het sy bittereinde bereik,” het die rebelle-amtenaar mnr. Selvarasa Pathmanathan luidens ’n verklaring gesê. “Dis ons mense wat nou sterf weens bomme, granate, siekte en honger. Ons kan nie meer toelaat dat hulle verder skade ly nie. Ons het besluit om ons gewere te laat sak.”

    Hy het gesê die lyke van duisende burgerlikes en talle wat gewond is, lê op die slagveld. Die minister van media, mnr. Anura Yapa, het sy woorde verwerp en gesê regeringsmagte het alle burgerlikes gered. Aangesien die meeste joernaliste en hulpwerkers uit die oorlogsone verban is, was dit nie moontlik om die onderskeie weergawes te staaf of te weerlê nie.

    подвесной светильникФильчаков Александр Васильевич

  • Twee oliepyplyne in Nigeri? verwoes

    ImageNigerië se prominentste militantegroep, die Beweging vir die Bevryding van die Niger-delta (Mend), het gister gesê hulle het twee oiliepyplyne in die suidelike Niger-delta verwoes.

    Dit was die jongste aanval in die hewigste geweld in maande wat dié gebied getref het.

    ’n Private sekerheidsamptenaar, wat anoniem wil bly omdat hy nie by magte is om met die media te praat nie, het gesê aanvallers het Sondagoggend dina­miet gegooi en geskiet na ’n olie-aanleg wat gesamentlik deur Royal Dutch en Shell bedryf word.

    Mend beweer twee Filippynse matrose wat van ’n diensboot ontvoer is, is Vrydag dood toe die Nigeriese weermag die kamp aangeval het waar hulle saam met 13 makkers aangehou is.

    Die Nigeriese weermag het gesê die Filippyne is vroeër in die week gyselaar geneem toe militante vegters met sekerheidspersoneel gebots en ’n olieboot met sy skeepslui gekaap het. Hulle het toe gewapende helikopters en kanonbote na die kamp, wat deur die militanteleier Government Tompolo beheer word, gestuur en ses gyselaars en hul boot bevry. Geen melding is gemaak van die ander gyselaars nie.

    Dié geweld was die ergste sedert September, toe militante verskeie oliepyplyne verwoes het ná botsings met regeringsmagte.

    Die baaie en moerasse van die Niger-delta, waar ru-olie deur Afrika se grootste verskaffer gepomp word, is deurspek met militante se kampe van verskillende faksies.

    Die militante beweer hulle wil die federale regering dwing om meer olie-inkomste na die suidelike oliegebied, wat ondanks ses dekades van olieproduksie steeds ellendig arm is, te kanaliseer. Die regering beweer egter hul hoofdoel is om die olie te steel.

    Weens jare lange militante-aktiwiteite en ’n gebrek aan onderhoud aan die infrastruktuur, produseer Nigerië net sowat driekwart van sy vermoë.

    Sedert 2006 is meer as 200 buitelandse werkers in die suidelike oliegebiede ontvoer. Hulle is meestal ongeskonde vrygelaat nadat lospryse betaal is, hoewel twee in verbroude reddingspogings dood is.

    Buiten die Filippyne, is sover bekend net een ander buitelandse gyselaar tans in aanhouding, naamlik Mathew Maguire, ’n Brit wat meer as ses maande gelede ontvoer is. Mend het Woensdag in ’n verklaring gesê hulle mag Maguire dalk binnekort vrylaat in reaksie op wat hulle beskou as “positiewe” opmerkings deur die Britse ambassadeur, mnr. Bob Dewar, tydens sy onlangse ontmoeting met die Nigeriese minister van inligting oor die “onregverdige situasie in die Niger-delta”. “Hierdie is net die begin van ’n reeks aanvalle,” het Mend gesê.

    раскрутка сайтаАлександр Фильчаков Васильевич

  • Zille bewus van uitgebreide spioenasienetwerk

    Helen Zille het aan Die Burger bevestig dat daar op haar en haar kabinet gespioeneer word. Die netwerk en hoe dit funksioneer is verlede week deur ’n onafhanklike bron aan haar verduidelik. Die doel daarmee is om die DA te probeer diskrediteer.

    Sy weet ook wie betrokke is by die spioenasienetwerk wat aan die ANC rapporteer.

    Die netwerk het vastrapplek in tien provinsiale departementein die Wes-Kaap. Dit is die enigste provinsie in Suid-Afrika wat nie deur die ANC regeer word nie.

    As burgemeester was Zille gewaarsku oor moontlike planne wat teen haar gesmee sou word indien die DA die provinsie in die afgelope verkiesing sou wen. Die spioenasienetwerk bestaan glo al 'n geruime tyd.

    “Dit is duidelik beplan. Dit is ’n rapporteringslyn na die ANC. Ek besef wat aangaan. Name is aan my gegee. Ek dra kennis van die struktuur en weet hoe dit lyk. Ek weet wie daarby betrokke is,” het Zille gesê.

    “Ek gaan dié ding stap vir stap hanteer. Baie van die goed wat verlede week gebeur het, hou daarmee verband. Ek gaan nie oorreageer nie. Ek is heeltemal kalm.”

    Die hele doel is om die nuwe politieke leierskap in die verleentheid te stel, het sy verduidelik.

    “Elke dingetjie – al is dit hóé klein – word uitgesoek om ons in die verleentheid te stel.”

    Sy wou nie verder uitbrei nie. “Ek is nog besig om die kat uit die boom te kyk. Ek het taamlik baie inligting. Ek weet wie, waar en wat. As jy inligting het, is dit makliker om ’n situasie te hanteer,” het Zille gesê.

    Mnr. Garth Strachan, ANC-woordvoerder, het gesê Zille het te veel John le Carré se spioenasieverhale gelees.

    эстетическая реставрация зубовДанильченко Харьков

  • ‘Weermag kan help om misdaad te bekamp’

    ImageMinister van polisie, Nathi Mthethwa, het in 'n onderhoud Sondag met die Sunday Independent gesê dat die weermag ingeroep kan word om misdaad te bekamp.

    "Ons is in 'n oorlog met kriminele gewikkel," het hy gesê. Die weermag kan kontantvervoerwaens begelei en die land se grense patrolleer.

    "As 'n mens na ander lande kyk, dan is die vervoer van geld 'n gesamentlike poging deur die veiligheidsdienste. 'n Mens wil die polisie dalk losmaak van geldwaroof en konsentreer waar dit saakmaak. As dit hersien moet word, sal dit hersien word."

     Mthethwa het aan die sondagkoerant gesê dat opgeleide soldate wat deel is van die resewemag aangewend kan word in hierdie opsig.

    Die effektiwiteit van sigbare polisiëring word ondermyn deur die polisie aan te wend om die grense te patrolleer. "As 'n mens na internasionale tendense kyk, is dit die werk van die weermag om die land te beveilig… 'n Mens het sigbaarheid nodig, daardie eenhied moet versterk word.

    Mthethwa het ook gesê dat daar 'n "vaste reël" is om ten minste 10,000 polisielede per jaar aan te stel. Die opskerping van misdaadintelligensie is ook 'n sleutel.

    "Ons het tans 'n wetsontwerp voor die parlement oor forensiese navorsing, want toe ons die regstelsel ondersoek en geassesseer het, het ons gevind dat die speurders die swak skakel is. Ons het 'n gespesialiseerde program van stapel gestuur om speurders weer op te lei. As ons misdaad te bowe wil kom, moet ons sterk wees op misdaadintelligensie. Dit is die begin van die skakels van waarde van die regstelsel."

    "As kriminele weet jy is swak en jy kan nie misdaadtonele hanteer nie, moedig jy hulle aan om weg te kom met moord," het hy gesê. "Ons wil kwaai wees, maar slim."

    Mthethwa het gesê die polisie moet meer aggressief wees om hulleself te verdedig. "Ons wil nie huiwering hê nie want 117 polisiemanne is verlede jaar dood omdat hulle gehuiwer het… om hulleself te verdedig want hulle was bang vir die media en menseregteondersteuners."

    "Hierdie jaar is daar reeds nege polisielede in KwaZulu-Natal dood."

    Mthethwa het ook gevra dat CCTV-kameras in lokasies geïnstalleer word. "Ons wil nie net die ding in groot stede hê nie, maar ook in ons gemenskappe war misdaad gebeur… Dis hoekom ons die tesourie gaan nader vir hulp."

    "Indien ons nie ons tegnologiese kapasiteit verbeter en verhoog nie, is ons nêrens nie."

    Mthethwa het ook gesê die opvolger vir nasionale kommissaris Jackie Selebi sal binnekort aangekondig word. Sy kontrak verstryk in Junie. "Dit is 'n dringender saak, in die hoogste amp, dat dit so gou moontlik gebeur. Ons gaan 'n nuwe kommissaris kry, en ons praat nie van maande nie."

    Die hoof van die nuwe direktoraat vir Voorkeur Misdaadondersoek (VMO), wat die Skerpioene vervang, gaan ook aangekondig word. Die nuwe lede word tans deur die Nasionale Intelligensieagentskap gekeur.

    "Die keuring vind tans plaas. Die span is byna gereed. Daar gaan 800 lede in die mag wees. Op hede is 300 reeds goedgekeur," het hy gesê.

    #ИМЯ? цокольномалександр лобановский класс

  • Cosatu se aansoek teen Vodacom van die hand gewys

    Die Pretoriase Hooggeregshof het in Vodacom se guns beslis en die aansoek wat deur Cosatu en Icasa gebring is om die maatskappy te keer om op die Johannesburgse aandelebeurs te noteer, van die hand gewys.

    Woordvoerder Patrick Craven van Cosatu sê regter John Murphey het in Vodacom, Vodafone, Telkom en die regering se guns beslis. Craven het gesê Cosatu sal nietemin voortgaan om die notering teen te staan, hetsy met alle regsmiddele tot hulle beskikking, hetsy met 'n boikot teen die telekommunikasiereus.

    Hy het bygevoeg dat die beslissing slegte nuus vir alle Suid-Afrikaners is wat nie soveel geld het soos die maatskappye nie. Craven het gesê dat regter Murphey aanvanklik toegegee het dat Cosatu en Icasa 'n goeie saak het.

    Die regter het egter in sy finale beslissing gesê dat die finansiële voordele wat die maatskappy vir Suid-Afrika inhou, groter is as die verlies vir gewone burgers en dat die hof nie Cosatu en Icasa se aansoek kan aanvaar nie.

    Craven het gesê dit is baie belangriker dat die eienaarskap in Suid-Afrikaanse hande bly as die ongerief wat dit vir aandeelhouers en die sake-elite beteken.

    Vodacom se woordvoerder Nicholas Williams het in 'n eensinverklaring gesê: "Ons verwelkom die beslissing en ons sien uit na die notering more[Maandag]."

    купить грушу для гидроаккумулятораФильчаков Харьков

  • Premier ontvang afskeidsgeskenk

    Die minister van vervoer, S'bu Ndebele, het 'n geskenk van R1,1 miljoen aanvaar van 'n groep kontrakteurs wat kontrakte ter waarde van R400 miljoen met sy departement het, het die Star Sondag berig.

    Vukuzakhe kontrakteurs het Saterdag 'n afskeidspartytjie vir Ndebele by die Woodburn Stadion in Pietermaritzburg gehou om die vorige premier van KwaZulu Natal te bedank omdat hy klein kontrakteurs gehelp het om uit te styg.

    Onder die geskenke wat Ndebele ontvang het was ook 'n trop beeste. Die ontvangs van die motor is egter deur die DA begroet met oproepe dat hy die voertuig dadelik teruggee omdat die geskenk 'n botsing van belange verteenwoordig.

    Maar Ndebele het die gebaar van die kontrakteurs verdedig en gesê dit was lank reeds beplan, nog voordat hy of die kontrakteurs bewus geraak het daarvan dat hy in die portefeulje van vervoer aangestel sou word.

    Die department van vervoer het klaarblyklik tussen 1998 en 2008 ongeveer R10 miljard in Vukuzakhe, wat 29 140 geregistreerde kontrakteus in KwaZulu Natal het, se programme belê.
    палатка купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков