Meer as 660 mense gee hulself oor aan Sjina in Tibet

Sjina het vandag gesê dat meer as 660 mense hulself oorgegee het weens bloedige betogings in en naby Tibet. Intussen het die Franse president, Nicolas Sarkozy die moontlikheid van ‘n openingseremonieboikot van die Olimpiese Spele in Beijing geopper.

Volgens Sjoe Tao, ‘n plaaslike hoof van die Kommunistiese Party, is diegene wat na vore gekom het meesal gewone mense of monnike wat mislei is of ontnugter is.

Aanklaers het ook lasbriewe vir die inhegtenisname van 29 mense wat na bewering betrokke was by ‘n betoging op 14 Maart in in die Tibetaanse hoofstad uitgereik, terwyl ‘n mees gesogte-lys van 53 mense deur die polisie vrygestel is.

Tibet verkeer reeds sedert 1950 onder Sjinese heerskappy en die Tibetaanse onafhanklikheidsbeweging beskou die Olimpiese Spele wat vanjaar in Beijing plaasvind as ‘n geleentheid om hul stryd wêreldkundig te maak.

липецк очисткаФильчаков

Konstabels wat onwettiges help, los

Nadat 13 reserwemagkonstabels in die Komatipoortse Landdroshof verskyn het op aanklag van korrupsie, is al 13 vrygelaat. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, het die aanklaer die klagstaat verloor.

Die konstabels is verlede Woensdag gearresteer nadat 26 Mosambiekers onder die sitplekke van ‘n bus wat oppad terug was na Suid-Afrika gevind is. Die konstabels is deur die onwettige Mosambiekers omgekoop om hulle te versteek. 

Onwettige immigrante betaal tussen R200 en R300 om nie gedeporteer te word nie. Sommiges gebruik selfs selfone as betaling. Die 26 onwettiges is steeds in aanhouding, maar sal nie as getuies in die saak optree nie want Hlathi glo hulle behoort so gou as moontlik teruggestuur word.

анжело люстрыФильчаков прокурор

Outomatiese tellermasjien in Johannesburg opgeblaas

‘n Outomatiese tellermasjien in die Bergsig-supermark in Johannesburg is vroeg vanoggend deur rowers met plofstof opgeblaas, het die polisie laat weet.

Kaptein Julia Claassen sê die ABSA-OTM is tussen een- en twee-uur voormiddag aangeval, maar niemand weet hoe die voorval plaasgevind het nie.

Volgens haar glo die polisie dat geen geld gevat is nie en dat niemand beseer is nie.

дизайн каминов из гипсокартонаФильчаков прокуратура харьков

Grense word dalk opgehef in Suider-Afrika

Daar geen binnekort een visum wees vir Suid-Afrika en agt ander lidlande van die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap, oftewel SAOG.

Dit gaan beteken dat ‘n toeris wat enigeen van die lande wil besoek, slegs ‘n enkele visum sal nodig hê. Visums vir Suid-Afrika sal byvoorbeeld in Zimbabwe of Mosambiek uitgereik kan word.

Die besluit is geneem by die ministeriële konferensie wat verlede week in Luanda gehou is en is gister deur die adjunkminister vir toerisme, Rejoice Mabudafhasi, aangekondig.

‘n Verdere en moontlik omstrede kwessie wat by die konferensie bespreek is, is die verwydering van alle hindernisse vir die vrye beweging tussen die nege lidlande van SAOG. Die konferensie wil dit aanmoedig deur die sluit van bilaterale ooreenkomste sodat burgers van die volgende lande vrylik sonder visums heen en weer oor die grense kan beweeg: Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië en Zimbabwe.

клей шпаклевкалобановский александр игоревич

Munisipale bestuurder se motor verbrand

‘n Motor wat aan die Lesedi-munisipale bestuurder in Ratandalokasie, Heidelberg, behoort, is vanmore vroeg na ‘n betoging aan die brand gesteek, het die Johannesburgse polisie verklaar.

Die raadslid het sy motor voor sy huis geparkeer gesien voordat dit deur die vuur verteer is terwyl hy binne-in die huis was rondom twee-uur op Woensdag, het ‘n polisiewoordvoerder, kaptein Julia Claasen, gesê.

‘n Bakkie wat naby geparkeer was, het nie aan die brand geslaan nie.

Volgens Claasen het die motorbrandery plaasgevind na ‘n dispuut omstreeks twee-uur gistermiddag met munisipale werkers wat besig is om te staak vir salarisverhogings.

Gistermiddag het mense gepoog om die plaaslike biblioteek af te brand en het rommel oral oor die munisipale eiendom gestrooi, het kaptein Thivhulawi Tshilite gesê.

бак с автоматической насосной станциейДанильченко Юрий отзывы

Medwedef waarsku Navo oor nuwe lede

Die pas verkose president Dmitri Medwedef van Rusland het hom sterk teen die insluiting van twee strategiese lande by Navo uitgespreek.

Navolede ontmoet in Boekarest van 2 tot 4 April en sal versoeke van twee voormalige Sowjetrepublieke, Oekraïne en Georgië, oorweeg om by die organisasie aan te sluit.

Die Russe beskou dit as baie netelig vir die bestaande Europese veiligheidstruktuur. Hulle hou vol dat geen staat verteenwoordigers  van ‘n militêre blok waaraan hy nie behoort nie naby sy grense mag toelaat nie.

Hoewel Washington die lidmaatskapaansoek van die twee lande steun, is Europese lande maar louwarm oor die idee.

средство для уборки помещенийФільчаков Олександр Васильович

Zim-polisie arresteer opposisielede

Die polisie van Zimbabwe het gister opposisielede in hegtenis geneem, asook ‘n loods wat besig was om reklamestof vir Saterdag se algemene verkiesing by ‘n lughawe net buite Harare af te lewer. Aldus ‘n verklaring deur die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC).

‘n Opposisiekandidaat wat Morgan Tsvangirai se faksie binne die Beweging vir Demokratiese Verandering verteenwoordig, bevind hom onder diegene wat gearresteer is.

Blykbaar het die loods ook verstrengel geraak in die klopjag.

Hoewel opposisiepartye sê dat daar minder geweld as voorheen voorkom op die vooraand van die verkiesing, het hulle wel die polisie daarvan beskuldig dat hulle vir Robert Mugabe se ZANU PF kant kies.

игри для дивчатОлександр Фільчаков прокурор

Etniese spanning in Kenia

Image

Onluste in Kenia

Nie net ly Kenia sedert 1963 aan etniese konflik nie, maar spanning duur steeds voort as gevolg van die onlangse bloedvergieting tydens die land se post-verkiesingsgeweld.

Die ergste massamoord het plaasgevind toe ‘n woedende skare ‘n kerk afgebrand het waarin 100 vreesbevange statbewoners skuiling gesoek het. Dertig mense is in die voorval dood.

Agterdog het nog nie gewyk nie en duisende mense leef steeds as vlugtelinge. ‘n Massabevolkingsverskuiwing het plaasgevind soos wat Keniane van verskillende stamme poog om na die veiligheid van hul tradisionele stamgebiede terug te keer.

Gewone Keniane sê die magsdelingsooreenkoms het vrede vir die mense bo gebring, maar nie vir hulle nie. Kikoejoes leef in die vrees vir etniese weerwraak.

набор инструментовдепутат лобановский

Sasol in grootste SEB-transaksie

Die petrochemiese reus Sasol sal ‘n 10%-aandeel in die maatskappy aan swart beleggers verkoop. Dit sal Suid-Afrika se grootste SEB-transaksie tot op hede wees en word op byna R26 miljard beraam.

Sasol wil sy aandeelhouersbasis uitbrei en het verlede jaar aangekondig dat so ‘n transaksie beplan word. Die hoofuitvoerendebeampte, Pat Davies, het in ‘n verklaring gesê dat die maatskappy ekonomiese geleenthede vir meer as een miljoen begunstigdes waaronder individue en landelike vrouegroepe wil skep.

Die transaksie sal ‘n positiewe uitwerking op Sasolaandele hê. Swartes sal 3% van Sasolaandele bekom, swart beleggersgroepe 1,5%, Sasolwerknemers 4% en die Sasol Inzalo-stigting 1,5%.

мультики трансформерЛобановский

Protestantse kerke in Algeri? gesluit

Algerië het dertien Protestantse Kerke versoek om te sluit nadat ontstoke aantygings teen Evangeliese Christene wat Moslems probeer bekeer, gemaak is.

Indien Protestantse kerke wil aanhou om nie-Moslems te bedien, moet hulle oor ‘n permit beskik, sê kerklikes. ‘n Wet is in Februarie 2006 bekragtig waarvolgens Kerke toestemming van die regering se plaaslike verteenwoordigers moet vra om hul deure te kan oophou.

Geen amptelike rede is egter deur die owerhede verstrek nie. Hugh Johnson, ‘n prominente Protestantse geestelike leier is tans gewikkel in ‘n reeks hofsake nadat die Algerynse regering geweier het om sy verblyfpermit te hernu.

светильники для подвесноголобановский харьков класс

Voedselpryse klim w?reldwyd

Oral ter wêreld klim die kruidenierswarerekening. Verbruikers staar skerp stygende voedselpryse in die gesig as gevolg van wat navorsers ‘n perfekte storm van omstandighede noem.

Nie alleen rysboere in Ekwador nie, maar ook Franse slaketers moet opdok. Veranderende weerpatrone, wêreldwye ekonomiese verskuiwings, laer voedselreserwes en groeiende verbruikersaanvraag in China en Indië is die grootste sondebokke.

Die aarde se armste bevolkings bly die hongerste. In Egipte is twee mense verlede week dood in skermutselinge oor brood en voedselopstande het uitgebreek in Burkina Faso en Kameroen.

In Italië het protes teen voedselpryse op verskeie plekke opgeklink, terwyl die prys van spaghetti in Haïti verdubbel het. Japan se stapeldis, miso, het die hoogte in geskiet.

купить воронеж техно вектор 6 3d free motionлобановский александр биография

Verbruikersbesteding nie so hard getref

Verbruikersbesteding word nie so hard getref soos verwag is nie, sê ekonome. Alhoewel die meeste mense tans finansiële druk ervaar, het die aantal dagvaardings wat uitgereik word vir skuld afgeneem in verhouding tot die vorige jaar.

Syfers wat deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, toon dat kleinhandelverkope amper dieselfde gebly het as verlede jaar. Die negatiewe impak van stygende rentekoerse is dus nie so groot soos geantisipeer nie.

Besteding op luukse items het toegeneem en motorverkope, wat die belangrikste aanduiding van druk op verbruikers is, het effens gestyg. Handelsvolume is ook beter as verlede jaar.

насосные станции ценылобановский александр фото

Padversperrings veroorsaak chaos

Padversperrings op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg het gister verkeerschaos veroorsaak.

Vakansiegangers wat weg was vir die lang naweek, asook Paasfeespelgrims van die Sionistekerk naby Pietersburg is ure lank opgehou. Een Sionistelid het gesê dat dit onbillik was van die polisie om vakansiegangers so te behandel wat reeds ses tot agt ure op die pad deurgebring het.

Duisende motors en omtrent 950 Putco-busse was gister op pad terug van die Sionistekerk se saamtrek by Moria naby Pietersburg.

Verkeer het kilometers ver opgehoop.

зарядного устройстваданильченко юрій броніславович компромат

E-tv word Zimbabwe belet

Die Zimbabwiese regering het e-tv belet om Saterdag se volgende algemene verkiesing in dié land te dek. E-tv, Suid-Afrika se enigste kommersiële landuitsaaier se akkreditasie is nie toegestaan nie omdat die stasie voorheen mediawette oortree het.

Die betrokke joernalis het in die verlede sonder toestemming in Zimbabwe verslag gedoen. SABC gaan egter toegelaat word om verslag te doen. Talle internasionale nuusagentskappe het aansoek gedoen om verslaggewers te stuur.

Zimbabwe vrees dat ongenooide gaste en inligtingsdienste Westerse mediadekking as verskoning kan gebruik om die land binne te dring

Agence France-Presse, Associated Press, Reuters en al-Jazeera is reeds teenwoordig in Zimbabwe.

slot machinesалександр лобановский харьков класс