‘ANC-jeugliga bedreig rasseharmonie’

Die VF Plus gaan ‘n regsmening formuleer op grond van die ANC se partygrondwet en ANC-beleidsdokumente waarvolgens Malema en die jeugbestuur duidelik ANC-reëls oortree en binne die ANC se strukture aangekla behoort te word. Dit sal aan die ANC se leierskap voorgelê word vir verdere aksie, by gebreke waarvan die VF Plus die ANC-jeugliga by die Menseregtekommissie gaan aankla vir haatspraak en aanhitsing van rassisme.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêrewoordvoerder oor sport, is dit nou nodig om nie net Malema nie, maar die hele jeugbestuur in die naam van vrede en rasseharmonie in Suid-Afrika, formeel te dissiplineer. Trouens, indien president Zuma bereid is om van swak burgemeesters en ander amptenare ontslae te raak, soos hy al gedoen het, hoeveel te meer sal dieselfde dissipline nie van toepassing wees op sy eie jeug nie? Daarom beroep die VF Plus hom op die ANC-leierskap om hulle jeuglede in lyn te bring met president Zuma se beleid van versoening as ‘n toets vir die erns wat die ANC hiermee het.

Die VF Plus-reaksie volg op uitsprake van mnr. Floyd Shivambu, die ANC-jeugliga se woordvoerder, wat volgens Rapport gesê het dat die meeste wit mense rassiste is en dat hulle nie die oorwinning van Caster Semenya vier nie omdat sy nie wit is nie. Hy voeg hiermee sy uitsprake by dié van Malema wat deurlopend nog rondom die voorval agterdog en verdeeldheid saai en rassepolarisering aanstig.

“Hitler het voor die Tweede Wêreldoorlog voortdurend rassistiese uitsprake teenoor die Joodse minderheid gemaak wat as onskuldige propaganda afgemaak is. Uiteindelik het dit gelei tot sy formele program van etniese uitwissing. Daarom kan hierdie rassistiese uitsprake teenoor die wit minderheid in Suid-Afrika nie ligtelik afgemaak word nie,” volgens adv. Alberts.

“Wit mense in Suid-Afrika raak al hoe meer bekommerd oor die roekelose uitsprake van die ANC-jeug en begin al hoe meer onveilig voel. Die klanke wat hierdie jongmense maak, lyk al hoe meer soos die amptelike uitsprake van die ANC self en dit is nou tyd vir die ANC om duidelik en ferm aan te dui wat hulle standpunt oor die plek van wittes in Suid-Afrika is. Die VF Plus is daarvan oortuig dat die meeste wittes nie rassisties georiënteerd is nie, maar dat daar wel ‘n wit/swart-polarisering begin opbou onder die oënskynlike leierskap van Malema en sy juigkommando,” volgens Alberts.

купить ролики украинаФильчаков прокурор

Toestand by UP ‘uiters ernstig en gevaarlik’

Image

Administrasiegebou van die Universiteit van Pretoria

Die Universiteit van Pretoria (UP) het laat Maandagnag ’n interdik teen die Student Front, SF, (bestaande uit vier studenteorganisasies naamlik die ANC-jeugliga, SA Students Congress, die Pan African Students Movement en die Jong Kommuniste-liga) gekry, waarvolgens hulle verhoed word om verdere protesoptrede op die UP-kampus te hou.

Regter M W Msimeki het die dringende interin interdik toegestaan en daarvolgens mag die studente van die SF nie personeel, medestudente of besoekers aanval, molesteer, intimideer of teister nie.

Hulle mag ook nie aan ontwrigtende gedrag deel hê nie en dit ook nie aanstig nie. Verder word die SF daarvan verhoed om eiendom van die universiteit te verniel, verwoes, misbruik of te vervreem. Die goeie naam van die instelling, administrasie en dissipline moet gehandhaaf word, het die regter gelas.

Hy het ook die Vryheidsfront Plus gelas om nie in die UP se dissiplinêre en veiligheidsaangeleenthede in te meng om te verhoed dat die SF hulle skuldig maak aan wangedrag nie

AfriForum Jeug het sy kommer uitgespreek oor die feit dat daar nog geen dissiplinêre stappe teen enige studente of organisasies wat hulle verlede week (op 8 September) aan onwettige protesoptrede, vandalisme en aanranding skuldig gemaak het, geneem is nie. Dit, ten spyte van die feit dat AfriForum Jeug reeds verlede week (op 10 September) ’n amptelike klag teen die betrokke studente en organisasies by die waarnemende rektor, professor Chris de Beer, ingedien het.

AfriForum Jeug het ook kennis geneem van die feit dat die bogenoemde organisasies verlede week aangedui het dat hulle met die universiteitsowerhede in gesprek wil tree oor hulle versoeke, op voorwaarde dat geen dissiplinêre stappe teen hulle geneem word nie. Na afloop van dié versoek het die universiteitsowerhede wel met die studente in gesprek getree en daar is geen aanduiding dat voortgegaan sal word met dissiplinêre stappe nie.

Die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, Ernst Roets, het gesê dat die UP se versuim om met dissiplinêre stappe voort te gaan, op growwe diskriminasie en onkonsekwentheid sal neerkom. “In die verlede is Afrikaanse studente al summier geskors vir baie geringer oortredings.”

Roets het aangedui dat professor De Beer op AfriForum Jeug se klag reageer het met ’n kennis van ontvangs en ’n aanduiding dat die saak na die registrateur verwys word. Geen verdere stappe is egter geneem nie.

Registrateur Nicolaas Grove sê die  kruks van die saak is dat  die SF nie redelike fooie vir dienste wil betaal nie en nie hou by die reëls wat die behoorlike werking van die  universiteit verseker nie.
 
Die SF het Maandag tydens 'n vergadering gedreig dat hulle die UP onregeerbaar sal maak indien daar dissiplinêre stappe teen studente geneem word. 
 
Grove sê die situasie is "uiters ernstig en gevaarlik". Studente skryf trans semestertoetse. Hy vrees ook dat daar polarisasie tussen die studente van die VF Plus en die SF kan wees wat tot geweld kan lei. пылесослобановский александр жена

ANC en VF Plus besit saam ‘n tweederdemeerderheid

Soos 'n ander skrywer vermeld het, is dit werklik verblydend om te sien dat daar soveel deelname aan ontledings ná die verkiesing is. Was dit nie vir die VF+ se powere vertoning nie sou dit seker nie so wees nie, so ten minste het dit een goeie gevolg gehad. Dit is veral Johann Wingard en Anton Barnard se jongste rubrieke wat my inspireer om die debat verder te voer. Beide noem die interessante moontlikheid dat die VF sigself om strategiese redes skaar met die ANC. So 'n verhouding sou baie interessante moontlikhede inhou. Ek wil egter waarsku daarteen dat die VF+ nie versmelt met die ANC indien so 'n opsie moontlik sou word nie. Ons het gesien wat gebeur met partye (soos die NNP) wat versmelt met die ANC. Hul leiers raak gehate figure en hulle moet die ANC se beleid in die geheel opneem.

'n Samewerkingsooreenkoms tussen die VF+ en die ANC mag alleen gebeur as dit beteken dat die Afrikaner se belange streng en konsekwent daardeur gedien word. Dit is dus absoluut noodsaaklik dat die VF+ 'n party in eie reg bly. Die VF+ se identiteit as Afrikanerparty is die belangrikste bate wat dit het. Dit is die enigste party wat aanspraak daarop kan maak dat dit namens Afrikaners praat.

Om die akkoordmodel beter te demonstreer, maak dit sin om na die huidige Nieu-Seelandse regering te kyk. Die Nasionale Party het einde verlede jaar die Arbeidersparty by die stembus verslaan. In Nieu-Seeland is dit die praktyk dat die twee groot rolspelers nl. die Arbeidersparty en die Nasionale Party, met die vorming van 'n regering, alliansies met kleiner partye aangaan. Dit maak 'n breë konsensusregering moontlik. Hoewel eerste minister John Key se Nasionale Party met hul oorwinning verlede jaar meer as voldoende stemme gewerf het om gemaklik op hul eie te regeer, het hierdie sentrumregse party 'n allianse met die minderheids-etnies-linkse Maori-party aangegaan. Behalwe dat hierdie reëling die NP se beeld versterk as 'n demokratiese instelling wat in belang van die totale bevolking regeer, skep dit ook vir hulle 'n veilige agterdeur. Laat ek verduidelik: In Nieu-Seeland is die termyn tot die volgende algemene verkiesing slegs drie jaar. Te midde van die huidige wêreldekonomiese krisis gaan dit baie moeilik wees vir John Key se regering om aan die verwagtinge van kiesers te voldoen. Sou nóg die NP nóg die AP in die volgende algemene verkiesing 'n volstrekte meerderheid verkry, het die NP goeie alliansievennote wat dit die nodige meerderheid kon gee om weer die regering te vorm.

Die twee partye het dus nie saamgesmelt nie maar wel 'n samewerkingsooreenkoms onderteken waarna verwys word as 'n "confidence and supply agreement". In ruil het die Maori-party enkele kabinetsposte ontvang, bv Maori-sake. Terselfdertyd het die NP afstand gedoen van sy aanvanklike plan om die histories gewaarborgde Maori-setels van die parlementêre lys te verwyder.

Behalwe dat 'n soortgelyke reëling tussen die VF+ en die ANC enorme voordele vir Afrikanerselfbeskikking kan inhou, kan dit ook strategiese voordele vir die ANC inhou. Laat ek hieronder lys:

1) Die mees voor die hand liggende voordeel is dat so 'n samewerkingsooreenkoms die ANC die tweederdemeerderheid, wat daardie party so intens begeer, sal gee.

2) In die huidige ekonomiese krisis gaan die falende staatsmasjienerie van die ANC net selfs meer sukkel om dienste te lewer. Soos Anton Barnard reeds genoem het, kan ANC-stadsrade se dienslewering, met die hulp van Afrikanerkundiges, gelig word tot dieselfde vlak as waarvoor die DA sigself tans op die skouer klop.

3) Met Afrikaners aan Zuma se kant en die nodige toegang tot hulpbronne gaan die liberale Afrikaanse en Engelse establishment waaronder die DA, die pers ens. opdraende pad beleef, mits ons ons kundigheid reg aanwend.

4) Afrikaner- tegniese deskundiges, sowel plaaslik as in die diaspora, kan gewerf word om ontwikkelingsprojekte en industrieë op te rig waaruit die ANC-staat direkte voordeel sal trek. Sulke projekte kan selfs staatsbesit wees en sodoende bevredig dit die ANC se linkse alliansievennote. Weens die rol wat Cosatu en die SAKP gespeel het in die verkiesing van Zuma as ANC-president, sal hy 'n manier moet vind om hulle tevrede te hou.

5) Laastens sou mens kon argumenteer dat die ooreenkoms heelwat Afrikaner-DA lede van die parlement, provinsiale wetgewers en stadsrade voldoende kan beïndruk sodat hulle met die volgende verkiesing na die VF+ sou verpas. Hulle sou egter eers moet sien watter voordeel so 'n ooreenkoms vir die Afrikaner inhou. Tot die ANC se bevrediging sou dit die DA se greep op sekere streke kon beëindig.

Die voordele wat 'n amptelike akkoord met die ANC vir die Afrikaner inhou, is sekerlik voor die hand liggend. Dit gaan ooglopend rondom Afrikanerregte en selfbeskikking. Die verkryging van 'n ministerie van Afrikanersake soortgelyk aan ander lande waar etniese minderhede (bv die Maori's in Nieu-Seeland, die Duitsers in België, e.a.) hul eie sake bedryf, sou die doelwit wees. So 'n regeringsdepartment kan die volgende mandaat geniet:

1) Die verkryging van landwye en eksklusiewe beheer oor Afrikaneronderwys binne 'n eie sake-model;

2) Die verkryging van landwye en eksklusiewe beheer oor alle Afrikaner-musea, -monumente en ander kultuurgoedere;

3) Die implementering van Afrikanerpolitieke selfbeskikking binne 'n eie geografiese gebied met duidelike doelwitte en 'n tydsraam wat die heersende party vooraf onderteken;

4) Die toekenning van 'n aansienlike begroting aan die ministerie van Afrikanersake vanuit die nasionale begroting waarmee ons bg. kan implementeer;

So 'n Afrikanerprojek kan egter alleen slaag as alle Afrikanerorganisasies wat sigself vir Afrikanerselfbeskikking beywer daarby betrek word. Hoewel die VF+ die amptelike voertuig kan wees, sal dit nie werk as die VF+ 'n ekslusiewe benadering neem en net hul eie strategiese vennote daarby betrek nie. So 'n projek sou 'n kans gee vir die VF+ om veld onder die breë Afrikanerbevolking te wen, maar slegs as dit by wyse van insluiting en konsensus te werk gaan. Die VF+ sal 'n Afrikanerberaad van enersdenkende organisasies moet byeen roep. Terselfdertyd sal die VF+ sy voelers na die ANC moet uitsteek. As 'n breë front kan Afrikaners dan met Zuma se ANC in gesprek tree. Dit is egter van kardinale belang dat die VF+ sy oënskynlike verleentheid oor Afrikanerselfbeskikking afskud.

отбеливание зубов zoomФильчаков