Die Kamer van Mynwese het ‘n dispuut met die vakbond Amcu verklaar oor salarisonderhandelinge in die goudsektor.
Dit sal waarskynlik beteken dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie by salarisonderhandelinge vir die hele sektor betrokke moet wees.
Die Kamer sê Amcu het goudprodusente se gewysigde aanbod van ‘n vyf persent verhoging in salarisse en voordele verwerp.
Drie verskillende vakbonde het verlede week ‘n amptelike dispuut met goudprodusente verklaar. Die salarisonderhandelinge word bestempel as van die moeilikste arbeid onderhandelinge sedert die einde van apartheid.
Dit is as gevolg van toenemende strydlustigheid by vakbonde, sowel as stygende kostes en dalende goudpryse.
Intussen het die mynwerkersvakbond die NUM die Kamer van Mynwese daarvan beskuldig dat hy werkers uitlok om te staak.
Werkers van die NUM eis ‘n salarisverhoging van tot 100 persent, afhangend van senioriteit.
‘n Woordvoerder, Frans Baleni sê hulle is bekommerd oor die dispuut, maar hulle hoop dat ‘n oplossing gevind kan word sonder dat die situasie in ‘n staking eindig. – RSG
‘n Verlammende staking dreig in die goudmynbedryf nadat salarissamesprekings tussen die vakbonde Solidariteit, die NUM en UASA in Johannesburg misluk het.
Goudprodusente het ‘n salarisverhoging van vyf persent aangebied, na ‘n aanvanklike aanbod van vier persent. Dit het daartoe gelei dat die drie vakbonde hulle aan die onderhandelings onttrek het.
Die hoofsekretaris van die NUM, Frans Baleni, sê die gaping tussen die salarisaanbod en wat vakbonde vra is baie groot en indien ‘n oplossing nie gevind kan word nie, sal die alternatief ‘n staking wees
Die hoofsekretaris van Solidariteit, Gideon du Plessis, het vroeër gesê daar word nie ernstig onderhandel nie. Hy sê hulle kry die indruk dat hoewel die Kamer van Mynwese se onderhandelaars in goeder trou optree, hulle aan bande gelê word deur sommige van die mynhuise se bestuurshoofde.
Du Plessis sê die enigste uitweg is om ‘n dispuut te verklaar. Die prosessalnoudeurdie Kommissie vir Versoening, Bemiddelingen Arbitrasie(KVBA)oor die volgende30 dae hanteer word.
Terwyl die KVBAse betrokkenheid nie ongewoon is in diegoudsektor se loongesprekke nie, is die tydsberekeningongewoon, het die myne se hoofonderhandelaarElizeStrydom gesê.
Die betrokkenheid van dieKVBAis geen waarborgdaar sal nie‘n staking sal wees nie.Gesprekke in2011onder beskerming van die KVBA het ‘n dooie punt bereik, wat tot‘n vier-dag-staking gelei het,die eersteintwee dekades.
DieNUMen Solidariteithet besluit om‘n dispuutte verklaarom die saak tedwing sê Solidariteitse hoofsekretarisGideonduPlessis.
DieNUMwil ‘n60%-verhoging virintreevlak–werkers se loneen 15% virander werknemers hê.
Die Verenigingvan Mynwerkersen KonstruksieUnie(Amcu)hetgevra vir ‘n150%-verhoging virintreevlak-werkersondergronds.UASAen Solidariteitwil18% en10%onderskeidelik hê.
Nie een vandie vakbondewou huleiseWoensdag aanpas nie.
Werkers by die Transhex diamantmyn op Alexanderbaai in die Noord-Kaap staak nou reeds bykans ‘n week lank.
Die werkers eis ‘n 13 persent loonverhoging, terwyl die mynbestuur agt-persent aanbied. ‘n Woordvoerder van die NUM, Abubakah Frederick, sê hulle het hulle eise afgeskaal. – RSG