Nico Smith se ideale Azaniese Afrikaner

Een van die dinge wat my opval oor Naspers se bruin rubriekskrywers, is hul fassinasie (of is dit hul obsessie?) met Afrikaners. Alhoewel die bruin gemeenskap geweldige probleme van sy eie het – geweldsmisdaad, dwelms, ongehude swangerskappe ensovoorts – is Afrikaners telkens in onder andere Jonathan Jansen en Henry Jeffreys se loep. Wat die idee by bruin rubriekskrywers maak posvat het dat Afrikaners hul raad nodig het, weet slegs die skrywers self. Miskien het hulle moed opgegee oor die balk in hul eie oog en soek hulle splinters by die Afrikaners.

Henry Jeffries het vandag nietemin ‘n interessante rubriek geskryf oor verloopte Afrikaners. Verloopte is een byvoeglike naamwoord wat onder andere Max du Preez en Antjie Krog kan beskryf. Verraaiers en sikofante is eweneens toepaslike selfstandige naamwoorde wat ek kan bedink. Jeffries se rubriek fokus op een van die voorste ANC-sikofante van die afgelope paar jaar, wyle ds Nico Smith. Jeffries hou Smith voor as ‘n ware Azaniese held.

In sy rubriek kerm Jeffries egter oor die feit dat regdenkende Afrikaners vir Smith, Du Preez, Krog en ander mak ANC-werfbobbejane verguis. Jeffries teem byvoorbeeld oor ene Anton wat Sondag in kommentaar op Rapport se berig oor Smith se dood gewonder het of die ANC Smith ‘n staatsbegrafnis gaan gee. Dit was natuurlik die uwe wat daardie kommentaar op Rapport se blad geskryf het. Dit is vir my ‘n riem onder die hart dat selfs ‘n regstellende-aksierubriekskrywer soos Jeffries Rapport se kommentaar lees, en verstaan dat Smith en kie vir baie Afrikaners kwalik helde is; inteendeel.

Die ding wat ek wel interessant vind, is wat ANC-meelopers en kripvreters soos Jeffries en Smith se verwagting is van die ideale Azaniese Afrikaner, iemand wat Jeffries vir ‘n Afrikanerheld kan aansien. Smith is berug vir sy dreigemente dat, sou Afrikaners nie omrol en dood speel nie, volksmoord op ons wag. Enige kritiek op die NSA se endemiese korrupsie, misdaad, moord, staatsrassisme teen blankes en al die ander ondinge in Azanië, het Smith gewaarsku, sou lei tot die uitwissing van vier miljoen Afrikaners, sonder dat enige buitelandse skepe ons sal kom red. Ons durf nie die regime kritiseer nie, aldus Smith, omdat sodanige kritiek as rassisme ervaar sou word en ons met ons lewens daarvoor sou betaal.

Spreek laasgenoemde sinnetjie terloops nie van opperste rassisme aan Smith se kant nie? Dit lyk vir my al te veel of hy daarmee erken dat Afrikane allermins liberale demokrate is, wat ander sienswyses respekteer. Smith het duidelik verwag dat Afrikane op gewelddadige wyse sou reageer op enige Afrikaner-opposisie . Waar is die liberale demokrasie nou? Vreemd dat diegene soos Smith nie ook die Latino’s in Amerika waarsku dat bewegings soos La Raza sal lei tot volksmoord op Latino’s deur die blanke meerderheid in die VSA nie. Waarom die dubbele standaarde waaraan blanke Amerikaners en Afrikane gemeet word?

Smith en Jeffries se ideale Azaniese Afrikaner is klaarblyklik ‘n ruggraatlose jellievis, iemand wie se leitmotif “houd-den-bek” is, en wat stil en gedweë buk en selfs die pot petroleumjellie vir die NSA se swart heersers aangee. Bostaande is uiteraard ‘n fassinerende blik in die denkwêreld van die linkse, ook die Afrikanerlinkse. Is ons nie immers oor en oor vertel hoe ‘n eenvoudige een-man-een- stem benadering, sonder groepsregte, kwansuis tot almal in Suid-Afrika se voordeel sou strek nie? Uit Smith se waarskuwings blyk dit egter dat blankes nie slegs moes boedel oorgee by Kodesa nie, maar dat ons onsself inderdaad uit alle politiek en burgerlike opposisie moet onttrek. Is ‘n stem vir opposisiepartye soos die DA of VF+ dus ook implisiete rassisme wat eweneens tot volksmoord kan lei, vra ek myself af? Smith se askies-ek-leef kruiperigheid en Jeffries se mening dat Smith hieroor glo ‘n held sou wees, spreek veel meer van Afrikaners wat ons noodgedwonge moet neerbuig voor ons swart meesters, as wat dit van ‘n ware demokrasie spreek. Tog stem ek saam met Smith en Jeffries: In die praktyk is die NSA ‘n Afro-fascistiese diktatuur.

Selfs die mees agterlike rubriekskrywer van Naspers behoort egter vir homself te kan dink dat hierdie soort papbroekige onttrekking, askies-ek-leef benadering en boedeloorgawe nie juis iets is wat baie Afrikaners ‘n toepaslike lewensmodel sou vind nie. Diegene soos Smith wat kruiperige ANC-sikofansie aanhang, is dus slegs vir ‘n uiters beperkte aantal Afrikaners helde, en bots lynreg met die gees van die Boer wat nie geskroom het om die magtigste ryk op aarde in die ABO aan te vat nie.

Soos die Meksikaanse rewolusionêr, Emiliano Zapata, dit gestel het: “Ek sterf eerder op my voete as wat ek op my knieë leef.”

насадка на керхер пескоструйлобановский обыск

‘As drankie bestaan wat mens swart laat word…’

De Zuid-Afrikaanse dichteres Antjie Krog schreef een boek, ‘Begging to Be Black’, dat alleen al door zijn titel in Zuid-Afrika voor ophef zorgde. ‘Bestond er een drankje waardoor ik zwart kon worden’, zegt ze in een interview met Knack, ‘ik zou het meteen opdrinken.

Blanken in Zuid-Afrika klagen nu dat zwarten bevoordeeld worden en de beste banen krijgen. Maar toch is er niet één die zwart wil worden. Toen ik een kind was, zei mijn moeder dat je van geslacht veranderde als je onder een regenboog door liep. Ik wilde graag een jongen zijn, en dus probeerde ik dat. Mijn broers deden dat nooit. Ze wilden geen meisje zijn, zoals ze ook niet zwart willen zijn. En ze zijn boos omdat iemand anders dat wel wil. In het woord begging in de titel van het boek zit wanhoop en een verlangen om iets minder te zijn.’

‘Het immorele gedrag van een aantal zwarte politici valt steeds moeilijker te verdedigen,’ zegt de voormalige antiapartheidsactiviste, ‘maar dat mag voor blanken geen reden zijn tot leedvermaak. Ik heb Duitsers nog nooit kritiek horen uiten op Israël en ik begrijp ook wel waarom: ze voelen zich op de een of andere manier toch verantwoordelijk voor wat daar nu allemaal gebeurt.’

WK voetbal

Krog praat over het WK voetbal dat op 11 juni in Zuid-Afrika van start gaat (‘Voetbal is in Zuid-Afrika de sport van de armen. Voetbal in Zuid-Afrika is zwart.’), over de naweeën van de apartheid en het in Europa wijd verspreide pessimisme ten aanzien van het zwarte continent: ‘Een vorm van racisme.’ Ze vertelt hoe ze zich geërgerd heeft bij de feestelijkheden naar aanleiding van de twintigste verjaardag van de vrijlating van Nelson Mandela: ‘Het grote probleem is dat we er niet in slagen etnische tegenstellingen te overbruggen en een identiteit op te bouwen die gebaseerd is op diversiteit. Twintig jaar geleden stonden we in Zuid-Afrika allemaal achter Nelson Mandela. We hadden het gevoel dat hij onze identiteit belichaamde. Dat gevoel is weg. Mandela is nu oud en bijna blind, en onze identiteit is aan het verkruimelen. Maar we houden vast aan Mandela omdat hij ons nog altijd beter doet lijken dan we zijn. Dat krijgt langzamerhand iets pathetisch.’

Piet Piryns en Hubert van Humbeeck

Lees die berig hier.

детский плед купитьФильчаков Александр Васильевич

Afrikaners: Na wie het die ANC geluister…

Na wie het die ANC geluister wanneer hy gemeen  het hy na die Afrikaner geluister het?

Die vraag kom op toe ek mnr. Gwede Mantshe se reaksie op ‘n artikel van prof. Herman Giliomee lees. Mantashe klim onder Giliomee in en kritiseer verskeie van sy stellings.

Toevallig het ek self Giliomee se artikel gelees, en bykans volkome gehou van wat ek gelees het. Ek het die artikel heel duidelik met ‘n ander bril gelees as waarmee Mantashe daarna gekyk het.

(Ek, ‘n nr. 2 apteekbril, en Mantashe blykbaar ‘n donkerbril).

Die eerste waar ek meen Mantashe mistas, is dat hy ras inlees in aspekte waar Giliomee self nie ras bedoel het nie, en tweedens lei Mantashe aan die skeet om die rassisme in eie geledere mis te kyk. Byvoorbeeld, noem Mantashe, glo hy en die kaders om hom Suid-Afrika se ekonomie is groot genoeg om vir alle opgeleides, ongeag ras, volledig plek te kry.

Maar die polisie, onder regstreekse beheer van die ANC-beheerde regering, gaan appelleer teen ‘n arbeidshofbevinding wat juis rassisme in die weiering van bevordering van ‘n vroulike polisiekaptein bietjie in die bek ruk. Die arbeidshof gebruik internasionale norme, onder meer soos gemanifesteer is in ‘n New Hampshire-saak in die Amerikaanse Supreme Court. Die afleiding dat die polisie, en dus die ANC, die eintlike rasbeheptes is, is dus nie sommer ‘n plaaslike persepsie van “die (wit) Afrikaner” nie.

Die ANC is ook blind (of met baie donker donkerbrille uitgerus) om nie te kan begryp hoekom dit onvanpas is om internasionale sokker in ‘n stadion vernoem na die belangrikste eksponent van die slagspreuk, “kill the Boer, kill the farmer” te speel nie.

“Woon die verskillende rasse in dieselfde land?” wonder ek toe ek vandag so vinnig die oog laat gaan op die kommentaar op ‘n rubriek van Die Burger se redakteur, Henry Jeffreys. Jeffreys het naamlik ‘n ligte blapsie oor die nasionale belastingverenigings se trustfondse  Sondagaand op RSG se Kommentaar na ‘n rubriek oorgedra, en daarmee skynbaar die grootste sluis moontlik van helse kritiek oopgetrek.

Behalwe dat Jeffreys ‘n regsuitleg bietjie vooruit geloop het, het hy in die slaggat getrap om die minister van Samewerkende Regering se voorbeeld te gaan volg en ras te gaan soek waar ras nie die bepalende saak is nie, maar swak dienslewering en kleptokrasie, en die pligsgetroue belastingbetalers se absolute keelvolheid hiermee.

Die kern van die probleem is natuurlik dat ons mense is, en dat mense op hul persepsies van die werklikheid, eerder as die werklikheid self reageer. En persepsies word nog gans te veel gevorm teen geykte ideologiese groewe.

Kan ‘n land wat met dienslewering so in tamatiestraat is (eintlik loop iets anders gereeld in die strate af), of dit nou munisipale dienste is en of dit kerke is wat dikbek oor die nuwe prosedures vir huweliksbevestiging is, nog enigsins plek vind vir enige ander ideologie as dat daar nou so vinnig as moontlik die beste moontlike kundigheid ingespan moet word?

Verkieslik eerlike kundigheid met hoë vlakke van integriteit.

Maar so wil dit voorkom uit Mantashe se skrywe – hierdie soort stelling is nou juis weer rasgedrewe want dit “sê” swart mense is nie bekwaam en eerlik genoeg nie. Sou Mantashe en kaders so ‘n afleiding maak, dan wys dit net in hoe ‘n treurige toestand van vooropgesette idees die land vasgevang is. Want so iets is nie hier geskryf nie (gaan lees weer) en dis ook nie so bedoel nie (kyk weer).

En, mnr. Mantashe en kaders, geen mate van die hersirkulering van uitgevangde onbevoegdes of kleptokrate gaan die situasie verander nie. Al is hulle wit, en al is hulle nou ook wit lede van die ANC.

Kom ek herinner Mantashe en kaders aan ‘n gewilde sêding van die ANC, UDF en die liberaliste uit die pre-1994-bedeling: “Apartheid is so boos, dit kan nie hervorm word nie, dit kan net vernietig word.”

Dan pas ek dit by vandag se omstandighede aan: “Onbekwame en skelm kaders kan nie deur herontplooiing bekwaam en eerlik gemaak word nie, hulle kan net afgedank en vervolg word om die land weer te laat werk.”

Onlangs het Pieter-Dirk Uys soos ‘n tipiese agteros (of koei in die gedaante van miesies Evita) in die kraal ingestrompel gekom en ‘n afgesaagde deuntjie kom opdis: Ignoreer Malema.Antie, baie ander het dit al hoeveel keer tevore gesê, maar hulle dan vasgeloop in die realiteit dat dit nie so maklik is nie, want, so blyk dit, die kroonprins verteenwoordig sentimente van ‘n breë spektrum van die jeug.

En toe gebeur ‘n vreemde ding. Ek gaan kry nogal meer respek vir die SAKP se jeugleiers wat Malema kortvat, as vir die ANC se jeug, wat beteken my dunk van die SAKP-jeug is so ‘n titseltjie meer as my respek vir Max (die een met die baard), wat weer ver onder Kevin Pietersen is, voor ek by die mense begin kom vir wie ek al amper respek het.

Net so sou ek graag wou sê ons moet ons tog nie steur aan die sentimente wat Mantashe opper nie. Maar om dit te ignoreer is om met ‘n mens se kop in ‘n lugkasteel en mens se stert uiteindelik in die *&^ te sit. Boonop is daar ook enkele positiewe sentimente in Mantashe se artikel.

Maar voor ek myself vir ‘n toffie uitgee en dié positiewe elemente lys, wil ek eers een daarvan in die praktyk sien neerslag sien vind.

Terug by die vraag: “Na wie luister Mantashe en kaders wanneer hulle kers opsteek oor waaroor Afrikaners se harte warm klop, dat hulle so sleg ingelig, en eintlik oningelig is?”

Kort-kort word Bram Fischer as super-Afrikaner opgedis. Straat op straat word na Beyers Naudë vernoem. Nico Smith moet selfs nou weer taamlik die pot roer om te keer dat hy nie per ongeluk vergeet word nie.

Of is diegene wat so hoog opgegee het dat “ons sal jul stem wees” dalk meer verbaal as waarvan mens in die oopte kennis neem? Af en toe luister pres. Zuma na dr. Pieter Mulder. Maar as Mantashe so kwaad is vir Giliomee, het ek nie baie moed vir hoeveel die ANC na Mulder gaan luister nie.

Dit is blykbaar nie net die Afrikaners wat sukkel dat die ANC na die “regte” woordvoerders luister nie, ook die kerke sukkel om deur Zuma gehoor te word.

Selfs die SARK sukkel nou om gehoor te word, omdat die Prez voorkeur gee aan die National Interfaith Leadership Forum van past Ray McCauley. Mccauly se blatante politieke voortrekkery van Zuma is bekend.

En toe begin ek nou wonder: “Na wie moet die regering luister om die Afrikanerhart te hoor?”

Ek sal nie die ANC se “aanstelling” van iemand soos Bram Fischer aanvaar nie, ook nie eens omdat prof. Jonathan Jansen hom met sy intreerede as versoeningsgebaar teenoor die Afrikaner so geloof het nie. Mense wat in Stalin se tyd en die miljoene mense wat hy vredestyds vermoor het met die Komintern deurmekaar was, tel nie in my boekie as ‘n model-Afrikaner nie, nie eens met ‘n nadoodse doktorsgraad van Maties nie.

Oom Bey? Nee dankie. Ongelukkig is die meeste van my redes geklassifiseerd.

Antjie Krog? Selfs al het sy op skool van die uwe, toe ook ‘n skoolseun, gesê ek is aantreklik, moet ek verbyhou. Ek dink ook nie sy wil Afrikaners verteenwoordig nie, synde sy so “beg to be black.”

Max? Nee, die regte Max is ongelukkig ‘n paar jaar gelede in die Johannesburgse dieretuin dood.

En so gaan die lysie aan en aan.

Uiteindelik is my gevolgtrekking: Ek dink nie die ANC is toegerus om te besluit wie my Afrikanerbelange verteenwoordig nie. En dit het niks met ras te make nie.

самовсасывающий насос для грязной водыФильчаков Александр Васильевич

Antjie Krog – Beroepsafrikaner en nar

Vandag lees ek ‘n verwysing na Antjie Krog in ‘n power rubriek van Tim du Plessis raak waarin hy sê: “as Afrikaanse mense in die nuwe orde kritiek lewer, ‘sterf’ hul woorde in hul ‘Afrikanermonde'”.

Dit prikkel my toe om na Tannie Antjie – die vrou is seker nou al amper sestig en daarop geregtig om met dié eretitel aangespreek te word – se artikel in die Sunday Times te gaan soek. Vir eens werk die ST se soekfunksie en siedaar! ek vind A new ancestor for our alienated Afrikaner youth.

Dis die gewone mengeldrankie van wodka uit die Onsamehangende bottel met ‘n goeie skeut wit skuld daarby, “geskud, nie geroer nie”, soos James Bond sou sê. Vanmôre was Eugene Terre’Blanche op RSG en skielik skiet die gedagte my te binne: Tannie Antjie en Oom Eugene het soveel in gemeen, hulle behoort onderbroeke met of sonder gate uit te ruil.

Want sowel Antjie Krog as ET verteenwoordig die hofnarre van ‘n globale gehoor wat hulself as “Afrikaners” voordoen. ET met sy manne in uniform, swastikavlag en histrioniese stemtoon, asook AK met haar mantel van wit skuld en popsielkunde dramatiseer twee aspekte van die Afrikanerstereotipe: eersgenoemde verpersoonlik die Afrikaner as mislukte opstandeling en laasgenoemde as onderdanige hensopper en Anglo-Amerikaanse rokspantneet.

Behalwe enkele joernaliste en Adriaan Vlok, ken ek geen Afrikaners wat “skuldig voel oor apartheid” nie. Of miskien voel ‘n klomp Afrikaners skuldig – omdat hulle in 1992 tydens die referendum “ja” gestem het. Nie net het ‘n enkele geslag Afrikaners en hul leiers alles verraai waarvoor hul voorgeslagte bloed gesweet het nie, maar hulle het ook die toekomstige geslagte van hul geboortereg en hul vryheid beroof; voorwaar iets om oor skuldig te voel!

Alle verraad – soos alle patriotisme – wentel om identiteit. As iemand wat haar rug op haar eie mense gedraai het, verkeer Antjie Krog onder die indruk dat almal dieselfde identiteitskrisis, dieselfde aangetrokkenheid tot die ANC-identiteit as sy ervaar. Dwarsdeur Suid-Afrika en selfs oorsee is daar ‘n paar miljoen Afrikaners wat geensins twyfel oor hul herkoms of lojaliteit nie.

Krog het vandeesweek weer ‘n krater van haarself gemaak deur te beweer dat Julius Malema se uitsprake verkeerd vertolk word; hy wil maar net hê ons moet hom as swartman verstaan.

In hierdie tydvak van regstellende aksie, swart bemagtiging en alles wat daarmee saamhang, verkeer ons almal onder die indruk van hoe belangrik dit is om swart te wees. In ander samelewings, soos in die VSA en veral in Hollywoodfilms, kry ‘n mens iets soos ‘n “token black”, wat die Hollanders ‘n Beroepsneger noem. Antjie Krog en haar eindelose spekulasies oor die Afrikanerpsige wat sy in Engelse koerante of voor buitelanders lewer, is insgelyks ‘n Beroepsafrikaner, iemand wat ‘n onbelangrike en eintlik vreemde element in ‘n ander kultuur moet verteenwoordig. Sulke mense word gewoonlik gekies op grond van hul toepaslikheid vir die vreemde of meerderheidskultuur.

Antjie Krog is, vanuit die ANC-bewind of die buiteland se oogpunt die “ideale” Afrikaner. Sy is ‘n mak Engelse persoon wat haarself in die Rooitaal uitdruk en slegs ‘n geringe nostalgie oor ‘n kwynende Afrikaans en Afrikanerskap voel. Enigeen kan haar aan ‘n leiband rondlei as ‘n voorbeeld van ‘n “gebore Afrikaner wat tot inkeer gekom het en nou haar onderdanigheid teenoor swartes haar lewenstaak gemaak het”. Haar gunstelingvergelyking  vir die Afrikanergeskiedenis is met Nazi-Duitsland. Soos die Nazi’s, het ons ‘n “misdaad teen die mensdom” gepleeg. Daarom voel sy is dit haar opdrag “om die regering te beïnvloed om nie te doen wat (die Afrikaner) gedoen het nie”. Vermoedelik sluit dit die oprigting van suksesvolle kragstasies en werkende staatshospitale in, iets waarvoor ons gelukkig nie die ANC kan kwalik neem nie.

Angjie Krog se histrioniese openbare vertonings van Afrikanerverraad en selfverguising – tot groot vermaak van die Afrikaner se binnelandse en buitelandse vyande – vind die volmaakte teenhanger in Eugene Terre’Blanche se ewe teatrale demonstrasies van platvloerse, kwasi-militaristiese patriotisme.

Buitestaanders kan vir albei ewe hard lag. Albei is ewe dom en bevestig die vermoede dat Afrikaners verdien om verdruk en stadigaan vanuit Suid-Afrika gesuiwer of ten minste geassimileer te word, synde ‘n volk wat uit gekke en narre bestaan.

Dat enigeen vir Antjie Krog ernstig kan opneem, is op sigself ‘n aanduiding van watter verwronge beeld van Suid-Afrika daar in die wêreld bestaan. In een opsig mag dit ons tot voordeel strek, in dié sin dat die Engelse media en die buiteland byna niks van Afrikaners verstaan nie.

Benewens haar narrestatus, mag Antjie Krog die volmaakte verspreider van disinformasie oor Afrikaners wees. Ons word as skuldig, verward, dom en onderdanig gesien. Iewers in Soen-Tsoe of Von Clausewitz was daar mos iets oor: “As jy sterk is, laat die vyand dink jy is swak. En as jy swak is, bring die vyand onder die indruk van jou krag.”

строительство домов изЛобановский