Rafael Nadal wen Franse Ope

Die tweede gekeurde Spaanse tennispeler Rafael Nadal het gister die Franse Ope gewen teen die Switser Roger Federer. Nadal het die wedstryd gewen sonder om 'n stel af te staan, met 6-1, 6-3 en 6-0.

Slegs in die  tweede stel het dit vir 'n oomblik gelyk asof Federer kon herstel toe hy byna op Nadal se afslaan deurgebreek het met die telling 3 elk, maar die Spanjaard het hom nie van stryk laat bring nie en verder 'n meesterlike vertoning gelewer.

Na Bjorn Borg wat van 1978-1981 vier keer die Roland Garros-beker gewen het, is Rafael Nadal slegs die tweede speler in die geskiedenis wat dit kon regkry.

травы для полоскания десенФильчаков

Andr? Venter sal Springboktruie uitdeel

Die veteraan-Springbok André Venter sal die truie aan die Springbokspan van 22 wat Saterdag se toets teen Wallis speel, oorhandig.

Die trui-seremonie sal Vrydagoggend plaasvind.

Venter het reeds 66 toetse vir die Springbokke gespeel en is op sy hoogtepunt as een van die wêreld se beste losvoorspelers beskou. Tans verkeer hy in 'n rolstoel na 'n virusinfeksie.

Volgens die nuwe afrigter Peter de Villiers was Venter die ooglopende keuse om die oorhandiging waar te neem.

детски игданильченко юрій броніславович компромат

Roger Federer dring deur tot halfeindronde van Franse Ope

Die Switserse tennisspeler, Roger Federer, het gister tot die halfeindronde van die Franse Ope tennistoernooi deurgedring.

Federer, wat eerste gekeur is vir die toernooi, het die Chileen Fernando Gonzalez met 2-6, 6-2, 6-3 en 6-4 geklop.

Federer speel Vrydag teen Gael Monfils van Frankryk. Die ander halfeindstryd sal tussen Rafael Nadal van Spanje en Novak Djokovic van Serwië plaasvind.купить сход развалпрокурор Фильчаков

Peter de Villiers ‘n prater, s? Walliese breier

06:42:54 Volgens die besoekende Walliese afrigter Warren Gatland, praat die nuwe Suid-Afrikaanse breier Peter de Villiers baie maar sonder om werklik iets te sê.

Gatland het De Villiers daarvan beskuldig dat hy een ding in die pers op een dag kwytraak en dan iets anders die volgende dag. Hy weet nie mooi wat die Suid-Afrikaanse afrigter van hulle as besoekers verwag nie.

Vir Saterdag se wedstryd teen die Springbokke op Bloemfontein, het Gatland 'n sterk pak voorspelers gekies wat fisies teen die Suid-Afrikaners sal kan meeding.

напольные уличные светильникилобановский класс

Sharapowa verloor in Franse Ope

Die Russiese speelster Maria Sharapowa is deur haar landgenoot Dinara Safina geklop in 'n titaniese stryd van 6-7 7-6 en 6-2.

In die mansenkelspel het Roger Federer die plaaslike Franse aanspraakmaker Julien Benneteau met 6-4 7-5 7-5 pawiljoen toe gestuur en sodoende vir die vierde agtereenvolgende jaar tot die kwarteindronde deurgedring.

In die vrouespel, het Safina op 'n stadium toe sy 5-2 in die tweede pot agter was haar raket in die rooi grond ingeslaan. Na dié emosionele uitbarsting het sy egter 'n spelpunt oorleef, ingehaal en die pot ingepalm.

of arabianлобановский александр

Kenny Perry wen Jack Nicklaus-herdenkingstoernooi

Die Amerikaanse veteraangholfspeler, Kenny Perry, het gister die Jack Nicklaus-herdenkingstoernooi in Ohio gewen.

In sy laaste rondte gister het Perry 'n 69 aangeteken wat drie onder die baansyfer is. Die ander spelers was besig om foute te maak en sodoende het Perry daarin geslaag om die voortou te neem. Sy finale telling oor vier rondtes was 280, oftewel agt onder die baansyfer.

Sy prysgeld is $1,08 mijoen dollar, waarmee hy ook 1080 punte vir die Ryder-beker verdien.

Ernie Els en Trevor Immelman het ook aan die toernooi deelgeneem.

баки дляФильчаков Александр Васильевич

Onbekende Australi?r loop voor in Gedenktoernooi

Image

Matthew Goggin

'n Onbekende Australiese gholfspeler, Matthew Goggin, loop tans voor in die Jack Nicklaus-gedenktoernooi wat gister begin het. Hy het die voortou in die eerste rondte geneem met 'n telling van 65, oftewel sewe onder die baansyfer.

Daar is vier Suid-Afrikaanse spelers in die toernooi, waaronder die Afrikanersterre Ernie Els en Trevor Immelman. Immelman is sewe houe agter die voorloper op 72 en Els net agter hom op 73.

Ander spelers wat goed vertoon, is die Amerikaanse veterane Kenny Perry en Jerry Kelly wat gesamentlik tweede lê op 66 houe.

Мордвиновлобановский александр

Fran?ois Steyn en Ruan Pienaar se posisies wisselvallig

ImageTot op hede het die nuwe Springbokafrigter, Peter de Villiers, nog nie besluit waar hy die talentvolle François Steyn in die span gaan aanwend nie. Dieselfde geld vir Ruan Pienaar wat as losskakel reeds met Australië se Stephen Larkham deur die voormalige Springbokafrigter, Jake White, vergelyk is.

De Villiers het gesê dat hy vertroue in albei spelers het en dat beide waarde tot die span toevoeg.

Dit was gister egter duidelik dat Steyn in die nabye toetswedstryde as senter langs Jean de Villiers ingespan gaan word met Pienaar se posisie nog onseker.

by instagramДанильченко

Ernie bevestig deelname aan Jack Nicklaus-toernooi

Ernie Els het bevestig dat hy aan die Jack Nicklaus-herdenkingstoernooi gaan deelneem, nadat hy aanvanklik onseker was daaroor.

Image

Ernie Els

Volgens 'n verklaring op Els se webtuiste, sou hy aanvanklik die naweek vry gewees het, maar hy is gretig om deel te neem en het daarom besluit om in die toernooi te speel. Volgens hom is dit een van sy gunstelingtoernooie.

Vijay Singh het hom egter daaraan onttrek weens 'n ribbesering. Desnieteenstaande sal sewe uit die toptienspelers ter wêreld aan die Jack Nicklaus-herdenkingstoernooi deelneem.

скульптурыtopcargo кидалы

Sharapova weer nommer een

ImageDie Rus, Maria Sharapova, is weer eens nommer een op die WTA se wêreldtennisranglys, en het Justine Henin onttroon. Henin se besluit om uit te tree uit professionele tennis met onmiddelike effek, beteken dat sy van die ranglys verwyder sal word.

Sharapova, tans die wêreld se nommer twee speler, sal die eerste plek nou vir die vierde keer beklee. Die Belg, Henin, het 117 weke in totaal in die eerste plek deurgebring, 'n uitsonderlike prestasie en eenwat net ses vroue nog kon behaal.

Sharapova het haar spelmaat geprys maar gesê dat die 25-jarige se besluit heeltemal verstaan.

палатка купить харьковОлександр Фільчаков прокурор

Afrikagraafskap?

Image Die Krieketraad van Engeland en Wallis gaan dringend ondersoek doen na die inval van Suid-Afrikaners in graafskapskrieket. Tydens 'n  graafskapskampioenskap vroeër dié week, was daar nie minder nie as vyf Suid-Afrikaners in elke span nie.  
 
 

 

Die BBC sê behalwe een is almal ingeteken onder 'n wet wat gelyke werksgeleenthede bied aan werkers van lande wat handelsooreenkomste met die Europese Unie het.

дровяные печи каменкилобановский обыск

Hennie Otto wen Italiaanse Ope

Image Hennie Otto het die Italiaanse Ope in Milaan, Italië, gewen en daardeur sy eerste Europese Toertitel ingepalm. Hy het 'n drie-onder-syfer vir 69 oor die naweek behaal om Oliver Wilson met een hou in die finale rondte te klop. Otto het met 25-minder-as-baansyfer geëindig met 'n telling van 263.
 
Die Suid-Afrikaner het 'n indrukwekkende vier voeltjies by die Castello di Tolcinasco Gholf- en Landgoedklub geslaan.

Die kampioen was oorstelp met sy sege. Otto sê hy het die afgelope tyd baie hard op sy setwerk gekonsentreer en het nog nooit soveel lang sette ingekry in sy loopbaan soos wat hy by die toernooi reggekry het nie.

bridal crystal headbandАлександр Фильчаков Васильевич

Veel meer swart Springbokke?

Image

Peter de Villiers

Peter de Villiers, die nuwe Springbok-rugbyafrigter, het 'n beroep op Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners gedoen om hulle obsessie met ras te laat vaar. Vier dae voordat De Villiers veronderstel is om sy eerste span vir die jaar aan te kondig, word daar bespiegel dat hy 'n ongekende aantal swart spelers gaan insluit.

Volgens 'n onderhoud met The Cape Argus is die afrigter gevra hoeveel swart talent hy tydens die Super 14-toernooi opgemerk het. "Ek het baie talent gesien, swart, wit, geel, groen, blou – ek het regtig baie talent gesien," het De Villiers geantwoord.

“Ons kan 'n baie goeie span kies, ons kan eintlik drie goeie spanne kies,” het hy verder gesê. “Ek weet nie hoekom ons van alles 'n swart-en-wit storie wil maak nie. Dit is die enigste ding wat mense sien. Ek sien net mense. Of 'n ou nou swart of wit is, sy waarde bly dieselfde."

De Villiers se kommentaar volg 'n dag nadat Oregan Hoskins, president van die SA Rugby-unie, herhaal het daar geen kwotas in die nasionale span sal wees nie. Op 'n vraag of dit belangrik is om vyf of tien swart spelers in toekomstige Springbokspanne te hê, het hy bloot gesê: "Dit is baie belangrik om 15 rugbyspelers in die span te hê. Daarsonder kan mens nooit kompeterend wees nie. Ons het 'n wonderlike nasionale span, uitstekende spelers, kompeterende ingesteldhede.”

De Villiers sal komende Saterdag na afloop van die wedstryd tussen die Chiefs en die Sharks die name van sy Bokspan bekendmaak.

турецкая баняДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Agt spelers van SA krieket uitgesluit

Agt Suid-Afrikaanse krieketspelers wat aan die Indiese Krieketliga gaan deelneem, is uitgesluit van deelname aan plaaslike

Image

Johan van der Wath

krieket. Hulle is: Andrew Hall, Johan van der Wath, Justin Kemp, Nicky Bojé, Dale Benkenstein, Lance Klusener, Nantie Hayward en Nic Pothas.

Tony Irish, die hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Krieketvereniging, het gesê hulle word nie verbied om aan Suid-Afrikaanse krieket deel te neem nie, maar daar bestaan 'n ooreenkoms tussen die verskillende unies om hulle nie vir spanne te kies nie.

Die Indiese Krieketliga is een van die twee Twintig-twintigkompetisies wat 'n hele klompie topspelers na Indië gelok het. Anders as die Indiese Premierliga, geniet die Indiese Krieketliga egter geen erkenning deur die Internasionale Krieketraad nie.

детектор лжи словаОлександр Фільчаков прокурор