President Barack Obama het Donderdag ‘n verdedigingstrategie onthul wat die Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Asië sal uitbrei, maar hul totale uitgawes sal besnoei. Die Pentagon probeer om uitgawes te verminder met byna ‘n half triljoen dollar na ‘n dekade van oorlog. Die strategie, indien dit deurgevoer word, sal die wêreld se grootste militêre moondheid hervorm.
SA-Suidpoolspan lê derde
Die Suid-Afrikaanse span wat deelneem aan die Scott-Amundsen-eeufeestog na die Suidpool, is tans in die derde plek. Sewe spanne van oor die wêreld het Woensdag in uiterste toestande met dié geskiedkundige tog begin, nadat swaar sneeustorms die wegspring met vier dae vertraag het. Die spanne is met Dakotas na Antartika gevlieg. Organiseerders reken die tog
Polisie onderdruk geweld in Bloemfontein
Die polisie het vier mense weens openbare geweld in Botshabelo buite Bloemfontein in hegtenis geneem. Woedende betogers het die pad met swaar voorwerpe versper en gesê hulle moes al hulle pligte as reëlingsbeamptes vir die ANC se eeufeesvierings begin het. Hulle sê Botshabelo-reëlingsbeamptes is uitgesluit van die lys van diegene wat by die feesvierings ontplooi
Mat onder Persiese wewers uitgetrek
Iran se beroemde matbedryf staar toenemende mededinging van Pakistan en China in die gesig. Iran se meer as een-miljoen wewers maak jaarliks matte met ‘n uitvoerwaarde van sowat 500-miljoen dollar – een van die land se winsgewendste uitvoerprodukte naas olie. Die VSA het in 2010 ‘n verbod op die invoer van Iran se Persiese matte
Dan Roodt publiseer Kindle-boek
Dr. Dan Roodt van Praag het so pas ‘n e-boek in Engels via Amazon.com se Kindle-stelsel gepubliseer met die titel Johannesburg in five. Die verhaal handel oor vyf minutein Johannesburg waartydens ‘n moord in ‘n parkeergarage in Sandton City plaasvind, asook ‘n skaremoord op ‘n Malawiër in Diepsloot. “Ek was eintlik besig om James Joyce
Rasseoorlog woed voort op Twitter
‘n Swart Britse parlementslid Diane Abbott is diep in die sop oor ‘n opmerking op Twitter teen wit mense wat rassisties is. Die skadu-minister van openbare gesondheid het tydens ‘n gesprek oor die vonnisoplegging van die swart Stephen Lawrence se wit moordenaars gesê “wit mense is lief om ‘verdeel en heers’ te speel,” en bygevoeg
Helfte van wêreld se rykstes woon in VSA
Die Verenigde State het ‘n buitensporige aantal van die wêreld se ryk mense. Dit neem slegs $34.000 ‘n jaar, na belasting, om een van die rykste 1% in die wêreld te word. Dis vir elke persoon wat onder dieselfde dak, insluitend kinders, woon. Dus ’n gesin van vier, byvoorbeeld, moet $136.000 verdien om te kwalifiseer.
Almal behalwe Meshoe verwelkom diereoffers
Eerwaarde Kenneth Meshoe het die ANC se offers aan die geeste veroordeel en ‘n uitnodiging na die eeufeesvieringe in Bloemfontein van die hand gewys. Die ANC se voorvaderaanbidding en offerandes aan geeste van die dooies is ‘n paar van die redes waarom eerwaarde Meshoe nie wil gaan nie. Meshoe, leier van die klein Afrika Christen
Malema ontvang ANC-stempel van goedkeuring
Die geskorsde ANC-jeugliga president Julius Malema sal na verwagting drie “mini-saamtrekke” in die Vrystaat Donderdag en Vrydag toespreek om die Jeugliga se bydrae tot die ANC oor die afgelope eeu te gedenk. Malema sal besin oor die belangrike rol van die jeug in die ANC dwarsdeur sy geskiedenis, en sal die huidige stryd van die
Mugabe ook by ANC-fees
Alle Suid-Afrikaners, mense van die Afrika-kontinent en die wêreld is welkom om die ANC se eeufeesvieringe by te woon, het Baleka Mbete, nasionale voorsitter van die party, gesê. “Hulle benodig geen akkreditasie nie,” het sy Woensdag gesê. Die DA sal ook die vieringe bywoon. Volgens Mbete stel baie mense daarin belang om die gebeurtenis by
