Die ANC se voorvaderaanbidding en offerandes aan geeste van die dooies is ‘n paar van die redes waarom eerwaarde Meshoe nie wil gaan nie.
Meshoe, leier van die klein Afrika Christen Demokratiese Party, glo ‘n slegte tyd sal op die land neerdaal ná die ANC se diereofferanderituele hierdie week.
“Ek glo nie in die offers aan voorvaders en dooie geeste nie. Dit sal veroorsaak dat ‘n ramp Suid-Afrika tref. Kyk na Haiti, die land is gewy aan die duiwel, wat gelei het tot ongekende lyding vir sy mense,” het hy gesê.
Meshoe het verwys na die kragtige aardbewing wat Haiti op 12 Januarie 2010 getref het, en 250 000 mense gedood het. Die eiland is ook bekend vir sy tradisionele duiwelaanbidding.
ANC-voorsitter, Baleka Mbete het onlangs gesê verskeie diere-offers sal gemaak word aan die voorvaders vir die belangrike eeufeesgebeurtenis in Mangaung.
“Ek dink hierdie optrede sal ‘n ramp in die land veroorsaak,” het Meshoe gesê.
Volgens die Daily Telegraph in Londen het Aartsbiskop Buti van die Roomse Kerk vroeër gesê: “Diereofferandes het ‘n spesiale plek in die skema van dinge en word gevier in byna alle Afrika-gesinne. Ons het dit te lank uitgehou uit die Kerk van God. Dit is tyd dat ons dit openlik in die Christelike familie van die lewende en die dood verwelkom.”
Die Solidariteitbeweging van Afrika Katolieke priesters, staan die sogenaamde “inkulturasie” van die Roomse kerk in Suid-Afrika voor. In een voorval is ‘n video gemaak van ‘n priester wat hoenders en bokke tydens die Mis seën. Die diere is daarna geslag en hulle bloed uitgestort in ‘n gat buite die kerk.
Aartsbiskop George Daniel, wat vir 25 jaar oor die Pretoria-aartsbisdom geheers het, het gesê hy is bewus daarvan dat diereoffers gehou word. Bokke en hoenders het reeds ‘n sentrale plek in die gemeentes in sy bisdom ingeneem.
Die aartsbiskop se kommentaar het die debat oor hoe ver en hoe vinnig “inkulturasie” moet gaan, opnuut laat woed. Aan die einde van die Afrika-sinode in Rome in 1995, is die idee van die integrasie van inheemse godsdienstige praktyke verwelkom deur die Vatikaan.
Aartsbiskop Buti is verantwoordelik vir vyf bisdomme, wat ‘n bevolking van meer as 1,000,000 van vier verskillende rasse: swart, wit, Asië en bruin, insluit. Die meerderheid van die mense is egter swart.
Mbete het gesê bevestiging is ook ontvang van 80 partye soos die MPLA, SWAPO, Frelimo, PAIGC, die Noorse Arbeidersparty, die Kommunistiese Party van Kuba, die Duitse Sosiaal-Demokratiese Party en die Nasionale Kongres van Indië.
Sowat 50 deelnemers van anti-apartheidsbewegings van regoor die wêreld, insluitend die families van prominente figure soos dié van Trevor Huddleston sal die vieringe bywoon.
Die Anglikaanse Kerk was instrumenteel in die ondersteuning van die ANC en die uiteindelike bewindsoorname in Suid-Afrika. Die kerk het geld gewas vir die ANC en wapens gesmokkel.
Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu en verteenwoordigers van die Nasionale Intergeloofsraad van Suid-Afrika (Nicsa), wat godsdienstige organisasies soos die SARK en die AACC, insluit sal in Mangaung teenwoordig wees.
Die ANC het gesê dit is jammer dat die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) leier eerwaarde Kenneth Meshoe besluit het om nie deel van die eeufeesvieringe te wees nie.
Die ANC kapelaan-generaal eerwaarde Vukile Mehana het gesê Meshoe vergeet dat die ANC ‘n vorming van baie sosiale kragte was, insluitend die intergeloofs- en ekumeniese groepe met verskillende geloofsoortuigings, kulture en teologieë.
