Nestlè het aan AfriForum belowe om vanaf die vierde Oktober, glad nie meer melk by Grace Mugabe te koop nie, het Sullivan O’Carroll, besturende direkteur van Nestlè Suidelike Afrika gesê. AfriForum het ‘n veldtog, www.nestlebloodmilk.com, geloods wat verbruikers aanmoedig om dié produk te boikot. Aangesien Nestlè besluit het om op te hou besigheid doen met
Watertekort is ANC liegstorie, sê Zille
Die ANC het gereël dat daar glo watertekorte in Mitchells Plain sou wees voor ’n minister se besoek aan die voorstad, het die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, Donderdag gesê. Die minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka, het die gebied Dinsdag besoek. Die minister het glo tydens sy besoek klagtes van inwoners ontvang
Die diens word ‘n mag
Die ANC-president, mnr Jacob Zuma maak die afgelope tyd kwaai blafgeluide oor die misdaadsituasie in die land. Misdaad het totaal handuit geruk. Die misdaadsyfers wat onlangs bekend gemaak is, hoe betwyfelbaar dit ook al mag wees, bewys dat daar daadwerklik indringend na oplossings vir hierdie onaanvaarbare hoë syfers gesoek moet word. Op ’n mediakonferensie wat
Ngcobo is nuwe hoofregter
President Jacob Zuma het Sandile Ngcobo as die nuwe hoofregter aangewys. Ngcobo vervang regter Pius Langa, wat later vandeesmaand aftree. In Augustus vanjaar het Zuma groot ophef by opposisie partye veroorsaak toe hy vir regter Sandile Ngcobo as sy keuse vir die pos benoem het. Opposisie partye het gesê sy nominasie van Ngcobo was ongrondwetlik.
Malema dreig borge
Die ANC Jeugliga-leier Julius Malema het gedreig om “die gemeenskap te mobiliseer” teen Nedbank ná ‘n besluit om ‘n borgskap van Atletiek Suid-Afrika, ASA, te onttrek. “Laat hulle onttrek. Ons sal hulle ontbllot vir wie hulle is. Ons sal die waarheid vertel oor hoekom hulle onttrek en ons sal SA mobiliseer om te weet wat
Klere praat elke taal
Politici is is al van ouds af sensitief oor wat hulle dra omdat hulle deur ‘n ondeurdagte keuse dalk onwetend ‘n boodskap uitstuur aan kiesers wat bots met wat hulle eintlik wil voorhou. Die teendeel kan ook waar wees: Klere word spesiaal gekies om ‘n boodskap te uit te stuur wat moeilik in woorde
Malema steun Chuene
Julius Malema, die leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag sy ondersteuning vir Leonard Chuene, die president van atletiek Suid-Afrika, ASA, uitgespreek. Hy het gevra dat borge soos Nedbank getrou bly aan die organisasie. “Ons glo dat die pogings om hom as president te skors vir sy opregte pogings om Caster Semenya te beskerm opportunisties is
Wêreldbank beloon Zimbabwe met 74 miljoen dollar
Die Wêreldbank het gister aangekondig dat Zimbabwe ‘n skenking van VS$74 miljoen ontvang om sy landbousektor te laat herlewe. “Die geld is 74 miljoen dollar, wat meer is as die 25 miljoen van verlede jaar,” het David Rohrbach, ‘n senior landbouekonoom by die Wêreldbank, aan verslaggewers tydens ‘n landboukonferensie in Harare gesê. Die bank hoop
Lees verder: Wêreldbank beloon Zimbabwe met 74 miljoen dollar
Standerton gespanne
Betogings in Standerton het Donderdag uitgebreek by die Sakhilelokasie toe inwoners die paaie met klippe en ander voorwerpe versper het, het Mpumalanga polisie gesê. “Honderde inwoners het die R23 met klippe en bande en ander voorwerpe versper en motoriste verhoed om die pad te gebruik,” het kaptein Leonard Hlathi gesê. Ontstoke inwoners het vroeg Donderdagoggend
‘n Blink plan
Die boikot teen Nestlë en sommer elke ander Switserse produk is fantasties. Dis mos die mense wat Paul Krugerstraat se naam in St Gallen verander het omdat hy ‘n “rassis” was. Die Switsers het daarvoor gesoek. Om te kruip by die swart base van die ANC om hulle seker nog ‘n groter gat in die
