Brande woed steeds

Brande woed steeds in die Suid-Kaap en Franschhoek ten spyte van hulp van 179 brandweermanne van KwaZulu-Natal en die Vrystaat, het owerhede Dinsdag gesê. “Die brand in Haarlem naby Uniondale het tot in die Tsitsikamma-berge versprei en daar is vrese dat dié brand oornag na Keurbooms sal versprei,” het Annelize Lamprecht, brandweerhoof van die Suid-Kaap,

Lees verder: Brande woed steeds

Grasmereweg gesluit

Grassmereweg, suid van Johannesburg, was Woensdagoggend in beide rigtings gesluit na ‘n ongeluk, het die metropolisie in Johannesburg gesê. Volgens supt. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het twee taxi’s kort voor sewe teen mekaar gebots. “Verskeie mense kan beseer of dood wees, ons weet nog nie,” het Minnaar gesê. Die pad sal vir minstens ‘n uur en

Lees verder: Grasmereweg gesluit

GTi bly Koning

Met die bekendstelling van VW se sesdegenerasie -Golf was baie mense verbaas dat die nuweling eintlik maar net ’n Golf 5 met ’n  aandpak  aan is. Die motor lyk nie vreeslik anders as die Golf 5 nie en ry ook nie vreeslik anders nie. Die enigste ooglopende “ groot” verskil was die nuwegenerasie-enjins.  Toe die

Lees verder: GTi bly Koning

Vyftien sterf in kinderhuisbrand

Vyftien mense, insluitende minstens agt kinders, het Dinsdag doodgebrand in ‘n kinderhuis buite Newcastle, het KwaZulu-Natal se departement van maatskaplike ontwikkeling gesê. Nog nege kinders is gehospitaliseer. “Die getal mense wat doodgebrand het, het na 15 gestyg,” het Mandla Ngema, woordvoerder vir Meshack Radebe, die LUR vir maatskaplike ontwikkeling gesê. “Die persoon wat in beheer

Lees verder: Vyftien sterf in kinderhuisbrand

Polisie verkrag glo vrou

Polisiebeamptes in Knysna gaan Dinsdag aan ‘n uitkenningsparade moet deelneem nadat ‘n vrou Saterdag glo deur ‘n polisieman verkrag is, het ‘n woordvoerder gesê. Volgens Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap , is die 32-jarige vrou glo deur twee polisiemanne wat aan diens was in ‘n polisievoertuig in Knysna se hoofstraat verkrag. “Sy was in

Lees verder: Polisie verkrag glo vrou

Hoe reageer tale onder druk?

Die paar harde klappe wat Afrikaans toegedien is in ‘n beëdigde verklaring deur die DG vir Kuns en Kultuur, nogal met die goedkeuring van die president, het nie net regsimplikasies nie. Die eerste vraag wat gevra kan word is of Engels so ‘n uitsonderlike status verdien soos wat die regering graag daaraan wil toeken? Dit

Lees verder: Hoe reageer tale onder druk?

Toegesneeude amptenare kos miljoene

Pas het iets die VSA weer getref wat in Suid-Afrika ondenkbaar is: Die staatsdiens op Capitol Hill het tot stilstand gekom omdat die amptenary weens sneeustorms nie by die werk kon kom nie. Die amptenare se snoesige “vakansiedag” in hul huise kos die VSA $100 miljoen per dag. Dit het die vraag opnuut laat ontstaan:

Lees verder: Toegesneeude amptenare kos miljoene

Die swarte ommegang

Graaf Caledon, wat in Mei 1807 goewerneur geword het, het voor sy vertrek op 4 Julie 1811 rondgaande howe ingevoer. Die eerste rondgaande hof (Augustus 1811) het oor die beklaenswaardige Bethelsdorp net so ongunstig geoordeel as alle ander besoekers. Bethelsdorp se sendelinge was verantwoordelik vir ‘n volgende rondgang van die howe wat berug geword het.

Lees verder: Die swarte ommegang