Brande woed steeds

Brande woed steeds in die Suid-Kaap en Franschhoek ten spyte van hulp van 179 brandweermanne van KwaZulu-Natal en die Vrystaat, het owerhede Dinsdag gesê.

“Die brand in Haarlem naby Uniondale het tot in die Tsitsikamma-berge versprei en daar is vrese dat dié brand oornag na Keurbooms sal versprei,” het Annelize Lamprecht, brandweerhoof van die Suid-Kaap, gesê.

Die brand naby Plettenbergbaai is in beheer gebring terwyl die een in Knysna na plase versprei.

Weerstoestande in die gebied maak dit moeilik om die brand te beheer.

Ses Working on Fire-spanne van Tulbagh en Stellenbosch help CapeNature, die Kaapse Wynlanddistrik se munisipaliteit en verskeie privaatkontrakteurs om die brand te blus.

Maandag het ‘n saagmeul, ‘n kelder en ander strukture in die slag gebly toe vlamme deur sterk wind aangeblaas is.

‘n Rampsentrum is in George opgerig.

Nooddienste, insluitend ambulanse en die polisie, is op ‘n hoë gereedheidsvlak.

турецкая баня чтоДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae