Ek, anders as Desmond Tutu, wat kopiereg op die benaming het, is ten gunste van die ideaal van die Reënboognasie: Elke kleur anders, elke kleur presies op sy eie volwaardige plek, onvermeng – inderdaad onmengbaar. Dit is, as jy daaroor dink, ‘n eksie-perfeksie natuurbeeld van ‘n konfederasie van Suid-Afrikaanse state: Elke volk knus in sy eie land op sy eie grondgebied agter goeie grense waar hy sy eie politieke, militêre, ekonomiese, opvoedkundige en maatskaplike heil uitwerk; waar ‘n volk sterk en selfversekerd kan groei, vry om met die ander state saam te staan in die sake wat die hele streek raak.
Die volk, die vlag, die vrees

Oral waar mens tans in Suid-Afrika – of Sowjet-Afrika soos Joseph Secrève dit noem – reis, heers die gevoel dat 2007 ‘n waterskeidingsjaar gaan wees. Die wanorde en geweld in die land is nou erger as ooit in die geskiedenis, met die moontlike uitsondering van die Tweede Vryheidsoorlog.