Net gister ontvang ek 'n skrywe van die komitee op Louis Trichardt wat steeds 'n stryd moet voer om die naam van dié dorp behoue te laat bly, ondanks 'n Appèlhofuitspraak in hul guns verlede jaar. Feit is dat die ANC hom eenvoudig nie aan hofuitsprake steur nie en op allerlei onbekookte maniere is die party op Louis Trichardt steeds besig om die dorp se naam te probeer verander. Ook die SAUK gebruik dikwels verkeerdelik die term "Makhado" terwyl Louis Trichardt bedoel word.

Lees verder: Afrikaans moet sy eie name behou en ontwikkel