DA-OD geen bedreiging vir ANC

Politieke ontleders sê die samesmelting van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate, sal nie ‘n werklike bedreiging vir die ANC in die 2014 nasionale verkiesing inhou nie. Die DA en die OD het gister dié samesmelting aangekondig en sê hulle hoop dat die nuwe alliansie sal baat vind by die toenemende ontevredenheid met die

Lees verder: DA-OD geen bedreiging vir ANC

Treine in Kaapstad ontwrig

Treindienste in die Kaapse Skiereiland sal vanoggend tydens spitstyd ontwrig word, weens strukturele skade aan treinspore en oorhoofse elektrisiteitskabels by die Koeberg-wisselaar naby Kaapstad. ‘n Woordvoerder vir Metrorail, Riana Scott, sê die skade is gistermiddag aangerig toe ‘n 75-meter staalstruktuur van sowat 75 ton oor drie treinspore geval het. Niemand is in die voorval beseer

Lees verder: Treine in Kaapstad ontwrig

Afghanistan: Meer as 2000 dood

Die totale getal buitelandse troepe wat tot dusver in die oorlog in Afganistan gestref het, het die 2000-merk oortref, volgens die icasualties.org-webtuiste. ‘n Totaal van 2 002 lede van internasionale magte is dood sedert die inval van die land, wat deur Amerika gelei is in 2001. Vanjaar staan die dodetal al op 434 buitelandse troepe.

Lees verder: Afghanistan: Meer as 2000 dood

Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken

Dit is teleurstellend dat Christo Landman nog nie op Thys Human se navrae gereageer het rakende of Landman en die teokratiese beweging die Kenmekaarkonferensie gekelder het nie. Immers het Human hom (Landman) die kans gegee om te bevestig of Landman, en die teokratiese beweging, van die Kenmekaarkonferensie ontrek het omdat ‘n hulle nie aan gesprekke

Lees verder: Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken

Reitz-4 gaan appèl aanteken

Die Reitz-vier gaan appèl teen hul vonnis aanteken. Hulle is onlangs skuldig bevind aan crimen injuria, nadat hulle ‘n grapvideo oor ontgroening aan die UV gemaak het. Hulle prokureur het gesê hulle vonnis van R20 000 boete of 12 maande tronkstraf plus ‘n verdere ses maande opgeskorte tronkstraf, is buite verhouding tot die misdryf.  Die

Lees verder: Reitz-4 gaan appèl aanteken

SA-sending na Viëtnam

‘n Hooggeplaasde afvaardiging van Suid-Afrika besoek tans Viëtnam. Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ebrahim Ebrahim is deel van die Suid-Afrikaanse sending. Dié afvaardiging is in Viëtnam vir die tweede Afrika/Viëtnam-forum. Die forum begin Maandag in Hanoi en duur tot Donderdag. Die tema is “Samewerking tussen Afrika en Viëtnam vir Volhoubare Ontwikkeling”. ‘n Woordvoerder

Lees verder: SA-sending na Viëtnam

Politieke huwelik

Die nuus dat die DA en die ID volgende jaar onder die DA-vaandel saam aan die landswye munisipale verkiesing gaan deelneem kom vir niemand as verrassing nie. Onlangse meningspeilings het effektief die doodsklok vir die ID gelui, en daarmee saam het die persoonlike euforie wat Patricia de Lille sedert haar bedanking uit die PAC gevolg

Lees verder: Politieke huwelik

Zuma verdedig mediawet op ANC Today

Pres. Jacob  Zuma skryf in ANC Today, hy is “verstom” oor die “histerie” dat die voorgestelde media tribunaal ‘n poging is om inligting te beheer en plat te vee. Hy het gesê vergelykings wat tans tussen die ANC en die vorige apartheidsregering getref word oor mediavryheid, is belaglik en agterbaks en ook ‘n ondraaglike belediging.

Lees verder: Zuma verdedig mediawet op ANC Today

Brink se hatige strydskriffie

Vandag is GRA-dag en ons almal vier die amptelike ontstaan van Afrikaans as kultuurtaal 135 jaar gelede toe die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is. Van die begin af is daar ywerig letterkunde in Afrikaans voortgebring. Van 1994 af het die Afrikaanse letterkunde gekwyn en word dit gekenmeer deur ‘n ideologiese beheer van die staat

Lees verder: Brink se hatige strydskriffie

Die kat kom weer

Dink ‘n mens aan Jaguars dan sien jy waanbeelde van oumanskarre met lang slap neuse en hangsterte. Jaguar is ook een van die tradisionele vervaardigers wat ‘n eeu oue motorsporttradisie en ouwêreldse sjarme en styl by die hope ronddra. Ons het onlang die kans gekry om een van die nuwe generasie Jaguars onder hande te

Lees verder: Die kat kom weer