praag.co.za

Zuma verdedig mediawet op ANC Today

Written by

in

Pres. Jacob  Zuma skryf in ANC Today, hy is “verstom” oor die “histerie” dat die voorgestelde media tribunaal ‘n poging is om inligting te beheer en plat te vee.

Hy het gesê vergelykings wat tans tussen die ANC en die vorige apartheidsregering getref word oor mediavryheid, is belaglik en agterbaks en ook ‘n ondraaglike belediging.

Die ANC sal in September in Durban tydens ‘n hoofraadsvergadering die mediawetgewing bespreek.

Zuma het kritici se besware as “misleidend” beskryf en gesê hulle kritiek “besoedel” die debat.

Zuma het die hoop uitgespreek dat die media sal “demokratiseer”. Hy het gesê: “Die tribunaal is veronderstel om alle Suid-Afrikaners – ryk en arm, swart en wit, in landelike sowel as stedelike gebiede – te beskerm.”

Zuma het benadruk at spraakvryheid nie bo die reg op privaatheid en menswaardigheid verhewe is nie. Die president het die gedrukte media se negatiewe houding teenoor die huidige bedeling betreur.

“Verstaan hierdie instellings werklik Suid-Afrikaners? Waarom was die media verras deur die ontploffing van nasionale trots tydens die toernooi?” Hy het gesê die koerante voer lesers ‘n daaglikse dieet van negatiwiteit en moedeloosheid en is nie op dieselfde “golflengte” as die ANC nie.

Zuma voel dat diegene wat “hulself tot bewakers van die samelewing verhef het, se tyd vir selfondersoek aangebreek het”.

Die president voel dat die gedrukte media beheer behoort te word soos die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Icasa) die uitsaaimedia reguleer in openbare belang.

 

 

casinosФильчаков прокурор харькова

Comments

Leave a Reply