Die provinsiale kommissaris van Polisie in Noordwes, lt.-genl. MNZ Mbombo, sê die besluit om die Polisie se provinsiale hoofkantoor van Potchefstroom na Mafikeng te skuif, is ‘n politieke besluit. Sy het vandag gereageer op ‘n vraag van Pieter Groenewald in die parlement se portefeuljekomitee vir Polisie. Sy kon nie sê wat die koste gaan wees
Hospitaalhoof wis van niks
Die regering sal intree om probleme in Gauteng se Chris Hani-Baragwanath Akademiese Hospitaal te help oplos, het die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, Woensdag gesê. Hy het aan die SAUK gesê sy departement sal help om die hospitaal se begroting in die komende finansiële jaar te bestuur. “Ons sal nie toelaat dat hulle dit alleen
Christina Landman se leuen oor Sharpeville
Die berig in die Beeld onder opskrif Verenig teen selfde duiwels deur Christina Landman van 6 Februarie 2012 het betrekking. Dit is jammer dat Christina Landman nie moeite gedoen het om haar van die feite oor die Sharpevillevoorval te vergewis voordat sy die volgende wilde stelling gemaak het wat ‘n growwe verdraaiing van die feite
Misdaadstatistiek onder verdenking
“Misdaadstatistiek van die Polisie is onder verdenking omdat provinsiale kommissarisse se misdaadstatistiek in die provinsies verskil van die misdaadstatistiek in die jaarverslag van die Polisie. Dit is geen wonder dat die publiek nie vertroue het in die jaarlikse misdaadstatistiek nie en glo dit word gekook,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront
Wes-Kaapse welsynsdirekteur vas vir tik
‘n Senior direkteur van maatskaplike welsynsdienste in die Wes-Kaap gaan van die besit van dwelms aangekla word nadat hy glo met tik betrap is. Dave Mcnamara is op 28 Junie 2011 in die vroeë oggendure by die berugte Senator Park-woonstelle in die Kaapstadse middestad aangekeer, maar die saak het eers Dinsdag aan die lig gekom
VF+ se verwagtinge van staatsrede
“Sekerheid” en “hoop” is wat die VF Plus van president Zuma se staatsrede verwag met die opening van die Parlement more (Donderdag 9/2/2007) in Kaapstad. Sekerheid dat beleggings en eiendomsreg in Suid-Afrika veilig sal wees en hoop dat die regering bereid is om nuut na ekonomiese maatreëls te kyk wat tans groei demp. Sekerheid geld
Grensposnagmerrie
‘n Suid-Afrikaanse egpaar en hul Italiaanse vriend se herinneringsreis na Namibië om hul eerste kennismaking met die land 25 jaar gelede te herdenk, het weens die optrede van twee immigrasiebeamptes by Sendelingsdrift in ‘n nagmerrie ontaard. Mnr. Franco Cancellier (51), bemarkingsbestuurder van ‘n Italiaanse maatskappy in Como, is in hegtenis geneem en moes ‘n nag
Donkiemelk het skop
Cleopatra had haar skoonheid daaraan te danke gehad dat sy in donkiemelk gebad het, maar dit is nie waar die heilsaamheid van hierdie produk eindig nie. As die Namibiese welsynsorganisasie Donkey Welfare of Namibia (DwoN) sy sin kry, gaan donkiemelk in die toekoms ‘n groot rol in Afrika speel om ondervoeding te bekamp en voedselsekerheid
GHA bied Majubafees aan
Elke jaar kry ‘n kultuurorganisasie die geleentheid om die Majubafees aan te bied. Verlede jaar was dit Aksievrouekrag se beurt en voor dit die Verkenners. Vanjaar bied die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) dit aan en is dit vir ons ‘n besondere eer en voorreg om dit te kan doen. Min mense besef
VK steun selfbeskikking vir Falklande
Die Argentynse president, Cristina Kirchner, het aangekondig dat Argentinië by die Verenigde Nasies sal kla oor die Falkland-eilande, en beweer Brittanje militariseer die Suid-Atlantiese Oseaan in ‘n toespraak in wat sy in Buenos Aires gelewer het. “Die stuur van ‘n aanvalsvaartuig onder begeleiding van koninklike erfgenaam dui op ‘n militarisering van die Suid-Atlantiese Oseaan,” het
