Die Verenigde State van Amerika was, tot onlangs, ’n selfversekerde reus wat geglo het dat hy sy wil op die res van die wêreld sonder teestand kan afdwing. Amerikaanse leiers het vas geglo aan Amerikaanse uitsonderlikheid – ’n byna Calvinistiese idee dat die VSA belas en verkose is om die wêreld se hoeder en leier te wees. Beide die liberale en konserwatiewe Amerikaanse leierskap het internasionale beleid ontwikkel met Amerikaanse uitsonderlikheid in gedagte. In dié opsig, het Amerikaanse leiers geglo, moet die VSA ’n regverdige en wyse leier en arbiter wees, wat ontwikkeling en maatskaplike vooruitgang elders ondersteun en wat aktief teen politieke ideologieë soos fascisme en kommunisme optree.
Imperiale skemer