Weens ‘n probleem met Telkom se netwerk in ons omgewing, is ons internetverbinding heeltemal buite werking en kan ons net sporadies per koordlose verbinding aanlyn gaan. Sodra die Telkom-probleem herstel is, sal die webwerf teen die normale ritme bygewerk word. Ons vra om verskoning vir die ongerief. – die redaksie песочный насос для бассейна купитьtopcargo
DA-leier trek los teen ‘Afrikaner-Nazi’s’
Die parlementêre leier van die DA, mnr. Atholl Trollip, het in ‘n hovaardige e-pos aan ‘n medepartylid te velde getrek teen “Afrikaner-Nazi’s” wat aanhangers van die AWB, KP en VF+ sou insluit. Die e-pos is per ongeluk aan mnr. Jaap Kelder gestuur. Trollip se boodskap insinueer dat mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie insgelyks
Aanlynbordeel oopgevlek
Die Ekurhuleni-metropolisie het Donderdag ‘n klopjag op ‘n huis in Alberton uitgevoer waar pornografie na bewering verfilm word om aanlyn te versprei. Agt vroue en ‘n man in sy 40’s is in hegtenis geneem by die Mayberry Park-huis, suid van Johannesburg, het Wilfred Kgasago, woordvoerder, gesê. “Ná klagtes van die gemeenskap oor ‘n ongewone hoeveelheid
Onwettige nieroorplantings in SA uitgevoer
Minstens 42 onwettige nieroorplantings is tussen 2001 en 2003 in Kaapse hospitale uitgevoer. Twee van die operasies was in die Groote Schuur-hospitaal gedoen en ten minste 40 in die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal, het dr. David Bass, mediese konsultant, aan Die Burger gesê. Prof. Del Kahn, eertydse hoof van die Oorplantingsvereniging van SA en nou hoof van
DA-LP melk reisskema
‘n Senior DA-LP, Manie van Dyk, se dogter (ouer as 18) en dié se verloofde maak glo gebruik van die regering se reisskema. Volgens Media24 het die paartjie van Centurion na Kaapstad gereis op die belastingbetaler se onkoste. Van Dyk hou egter vol hy nie oneties opgetree het nie. Hy het R275 000 se eis
Britte en Amerikaners dryf grondpagstelsel, ook in SA
Harvard en ander groot Amerikaanse universiteite is besig om deur Britse verskansingsfondse en Europese finansiële spekulante groot dele van Afrika se landbougrond te koop of te huur en sodoende duisende mense van hul grond af te verdryf, volgens ‘n nuwe studie. Navorsers aan die Californiese Oakland-instituut sê buitelandse beleggers trek voordeel uit “grondgryp”, wat dikwels
Lees verder: Britte en Amerikaners dryf grondpagstelsel, ook in SA
Yale staak anti-semitisme studierigting
Die Anti-Defamation League, die invloedryke Joodse lobbie, is woedend oor Yale, die roemryke Amerikaanse universiteit, se besluit om sy studiekursus oor anti-semitisme te kanselleer. ‘n Fakulteitskomitee het gesê die 5-jaar-oue Yale-inisiatief vir die Interdissiplinêre Studie van Anti-semitisme het nie voldoen aan die standaarde van navorsing en onderrig nie. Die nasionale direkteur van die ADL het
Block aan die been
Die vakbondfederasie Cosatu het sy kommer uitgespreek omdat die Noord-Kaapse ANC-voorsitter, John Block, steeds as LUR vir Finansies dien terwyl aanklagte van onder meer bedrog geldwassery oor sy kop hang. Dit sal min mense verkwalik word as hulle aandui dat die jongste verwikkelinge na ‘n geval van déja vu klink. Block is al tevore ‘n
Die kar voor die potpaddas span
In die ondersoekende joernalistiek word daar dikwels na die vyf w’s en een h verwys: “Wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe?” Laasgenoemde verteenwoordig die vrae wat ‘n behoorlike ondersoek na ‘n aangeleentheid sal stel. Mens kan bostaande denkraamwerk sekerlik ook na ander vraagstukke uitbrei, as ‘n hulpmiddel om jou gedagtes te orden. Een groot
Kospryse gaan klim
Die mielieoorskot help tans om voedselinflasie in Suid-Afrika te beperk, maar Kevin Lings, ekonoom by Stanlib, het aan Sake24 gesê voedselinflasie gaan in die komende maande merkbaar hoër klim, alhoewel die tempo stadig is. Op internasionale terrein was die voedselprysindeks van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie in Mei 2011 steeds 37% meer as
