Streekshandelsone word geloods

07:19:41 'n Streekshandelsone sonder invoertariewe met 'n gemeenskaplike geldeenheid gaan teen 2018 vir alle SAOG-lede ingestel

Image

SAOG-lande binnekort tariefvry

word.

Dit gaan beteken dat die rand deur 'n Suider-Afrikaanse geldeenheid vervang sal word. Elf van die 14 SAOG-lande, waaronder Zimbabwe, gaan aan die vryhandelsone deelneem.

Die drie oorblywende lande, Angola, die DRK en Malawi, sal later aansluit weens hul swak ekonomieë.

Die streek se handelsbalans verkeer tans in Suid-Afrika se guns, wat tydens die spitsberaad oor die naweek die voorsitterskap van SAOG oorgeneem het.

Met  85% van alle handel binne SAOG wat reeds aksynsvry is, bly daar 15% oor om teen 2012 vry te stel.

детский реглан для девочкиалександр лобановский супермаркет класс

Kaapstad voor stygende seevlak

06:42:22

Image

Kaapstad onder water?

Stygende seevlakke kan chaos vir Suid-Afrika se kusstede en -streke veroorsaak.

Volgens 'n studie wat deur die stad van Kaapstad onderneem is, is daar 'n een-in-vyf-kans dat dit binne die volgende 25 jaar kan gebeur.

Ander kusstede ondersoek ook tans die saak.

Laquar-konsultante sê dis byna seker dat globale klimaatsverandering storms sal veroorsaak soos dié wat die verlede jaar soveel skade in Ballito in Kwazulu-Natal aangerig het.

Gregg Oelofse, die hoof van Kaapstad se omgewingsbeleid en -strategie, sê die versekeringsbedryf neem ook hiervan kennis.

casino no deposit bonus no downloadлобановский класс харьков

Zuma-ondersteuners neem beheer oor Cosatu-filiaal

06:38:41 Jacob Zuma se ondersteuners het beheer geneem van Cosatu se chemiese filiaal, Ceppwawu.

Hulle het die boonste ses poste by die unie se nasionale kongres in Kaapstad beset.

Ceppwawu is voorheen deur ondersteuners van president Thabo Mbeki oorheers.

Die feit dat Zuma-ondersteunders skoonskip gemaak het, word gesien as 'n belangrike mylpaal in hul veldtog om van onbetroubare element ontslae te raak in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing.

Een van die uitdagings wat Ceppwawu se nuwe sekretaris-generaal in die gesig staar, is hoe om die vakbond se kwynende lidmaatskap om te keer.

Die ledetal het van 73 720 in 2000 gedaal tot 62 000 vanjaar.

In 'n toespraak aan afgevaardigdes by die Ceppwawu-kongres verlede week, het Vavi gewaarsku dat die vakbond konstant lede verloor en veral by Sasol deur ander vakunies bedreig word soos Solidariteit en die United People's Union of South Africa.

magic boxesлобановский александр биография

Steeds geen ooreenkoms in Zimbabwe

06:35:24 Daar lê steeds struikelblokke in die pad van 'n oplossing vir die Zimbabwiese dooiepunt.

'n Suid-Afrikaanse amptenaar na aan die onderhandelings het gesê twee van die hindernisse is of Mugabe die reg sal behou om ministers aan te stel en hoe lank 'n oorgangsregering aan bewind sal bly.

Tsvangirai het Sondag in 'n koerantonderhoud gesê dit was beter om teen ooreenkoms te hê nie as 'n slegte ooreenkoms.

Die SAOG-troika oor veiligheidsaangeleenthede, Angola, Tanzanië en Swaziland, sal voortgaan om met die leiers van Zimbabwe te beraadslaag om 'n spoedige oplossing te vind, het Mbeki gister gesê.

подвесные светильникиФильчаков прокурор отзывы

Anti-blanke atmosfeer by Vrystaatse verhoor oor Skerpioene

Vrystaatlandbou se boere het aan die parlementêre verhoor oor die Skerpioene onttrek.

Die liggaam vir kommersiële boere sal nou in plaas daarvan 'n geskrewe voorlegging inhandig.

Volgens Henk Vermeulen, die uitvoerende beampte, is die vergadering in 'n ANC-politieke byeenkoms verander.

Honderde mense het by die Mangaung-buitemuursesportsentrum in Bloemfontein byeengekom vir die verhoor oor die Skerpioene se ontbinding.

Die skare het eerwaarde SB Dire van die Mount Zion AME-kerk in Bloemfontein toegejuig wat gesê het dat wit partye Koevoet, spesiale magte en alle rassiste geherberg het en daarom moes die Skerpioene verdwyn.

Hy het gesê die DA en wit partye moet om verskoning kom vra omdat hulle nie wil hê dat swartes moet regeer of moet slaag nie.

Die bui was tot dusver dieselfde by al die openbare verhore in die Ooskaap, Kwazulu-Natal en die Noordkaap.

воздушный фильтр наФільчаков прокурор

Gaan sinkgate die Gautrein sink?

Nog 'n sinkgat in Centurion het blykbaar twyfel laat onstaan oor die Gautrein se beplande roete.

Die sinkgat is op die hoek van Fitzpatrickweg en Hans Strijdomrylaan in Lyttelton.

Die Tshwane-metro in Pretoria het ontruimingsbevele op twee inwoners bedien.

'n Lid van die burgemeesterskomitee, Subesh Pillay, weet nie wat die oorsaak is nie, maar plaaslike inwoners sê die dolomitiese grondtoestand is daarvoor verantwoordelik.

'n Paar honderd meter oos van die jongste sinkgat is 'n aantal geboue reeds afgebreek en ander ontruim omdat die grond gesak het.

Indien sinkgate die viadukpilare beïnvloed, sal die hele projek tot stilstand kom terwyl 'n grootskaalse en duur ompad gebou word, het die DA se vervoerwoordvoerder, James Stewart, gesê.

циркуляционные насосы дляАлександр Фильчаков прокурор

Buitelanders ontvang weieringsbriewe

Honderde ontwortelde buitelanders het gister briewe ontvang waarin hul asielaansoeke geweier word.

Die atmosfeer was gisteraand gespanne aangesien buitelanders nou gedeporteer gaan word.

Die departement van binnelandse sake het aan alle buitelanders wat in vlugtelingkampe gehuisves word tydelike ID's van ses maande uitgereik.

Die maatreël is geneem om immigrante wat hul dokumente tydens hul vlug weg van die onlangse etniese geweld verloor het, te beskerm.

Volgens die Gautengse provinsiale regering kan diegene wat weieringsbriewe ontvang het, 'n appèlproses volg.

Dis meesal Zimbabwiërs, Mosambiers en Kongolese wat weieringsbriewe ontvang het.иры для девочекФильчаков прокурор отзывы

Wes-Randse reeksverkragter skuldig

Die 24-jarige Moses Mokhubuki is gister in die Johannesburgse hooggeregshof aan 12 aanklagte skuldig bevind, onder meer poging tot moord, diefstal, verkragting, poging tot verkragting en roof met verswarende omstandighede. Hy het tussen Mei en Junie 2007 drie blanke vroue van Weltevredenpark verkrag. Hy sou ook 'n vierde vrou verkrag het indien haar broer nie onverwags opgedaag en hom verjaag het nie.

Terwyl Mokhubuki vroeër beweer het dat hy onskuldig is, het hy gister skuldig op al die aanklagte gepleit. Een van sy slagoffers het in die hof getuig dat Mokhubuki homself "Professor Mister Killer" genoem het voordat hy haar verkrag het.

Die regter het die moed van die vroue wat oor hul ervarings in die hof getuig het, geloof.

teplovoytopcargo кидалы

Mugabe gaan SAOG-spitsberaad bywoon

ImageRobert Mugabe is na die SAOG-spitsberaad vir staatshoofde uitgenooi.

Die uitvoerende sekretaris van SAOG, Tomaz Salomao, het bevestig dat die Zambiese president Levy Mwanawasa 'n uitnodiging aan president Mugabe gestuur het.

Salomao wou nie sê in watter hoedanigheid Mugabe dit gaan bywoon nie en het gesê die media moet die kantoor van SAOG-voorsitter Mwanawasa raadpleeg.

Mwanawasa verkeer tans onder swaar verdowing in 'n Franse kliniek na 'n beroerte-aanval.

Intussen het Botswana gesê dat dié land nie die beraad gaan bywoon indien Mugabe ook uitgenooi word nie.для насосовФильчаков прокурор харькова

Sokkerstadiums gaan R2 miljard meer kos

Die nuwe stadions wat Suid-Afrika vir die 2010-wêreldsokkerbeker bou, gaan R2 miljard meer kos as waarvoor beplan is.

Die adjunkminister van finansies Jabu Moleketi het gesê die ekstra koste sal deur die gasheerstede en deur die belastingbetaler gedra moet word.

Die oorbesteding is die gevolg van stygings in igevoerde toerusting, staal, oliepryse, die wisselkoers en ontwerpkompleksiteite.

Die regering praat met die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika en gasheerstede oor 'n pakket wat dié nuwe finansiële las sal aanspreek

зарядное устройство дляЛобановский