Albert Einstein het nie verniet gesê dat dit moeiliker is om vooroordeel te elimineer as om die atoom te splits nie. In sy rubriek Moenie stereotipeer, maar praat waarheid van 22 Desember verlede jaar, skryf Leopold Scholtz dat ‘n mens moet oppas om nie stereotiperend te dink en sodoende bepaalde groepe te stigmatiseer nie. Ons moet die individu agter die groep sien. Uiteraard is hierdie ‘n goeie en volwasse manier om mense en hul kulture op te som, maar helaas is die vatbaarheid van hierdie soort denke gering.
Lees verder: Leopold Scholtz, Westerse toleransie en die Fortuyn-opstand
