Nog ‘n immigrant dood

Nog 'n immigrant is dood in die jongste golf geweld teen immigrante waaronder Johannesburg tans gebuk gaan. Die dodetal staan nou op 13, het die polisie vandag gesê.

Hillbrow, Jeppe, Cleveland en sentraal-Johannesburg is steeds onrustig met gewapende bendes in die strate. Polisie het motoriste gewaarsku om die sakegebied te vermy.

Daar het gevegte by die sentrale Metodistekerk uitgebreek waar talle Zimbabwiërs skuil. Gewere en kapmesse word deur woedende Suid-Afrikaners gebruik wat Umshini wam sing om aanvalle op buitelanders van Zimbabwe en Mosambiek te loods.

'n Immigrant is gister dood nadat hy in sy eie komberse toegedraai is en aan die brand gesteek is.

Die Franse hulporganisasie, Dokters-sonder-grense, sê die situasie kom neer op 'n volwaardige humanitêre krisis.

компрессор воздушный 380данильченко юрій броніславович компромат

Metodistebiskop vra vir ‘n noodtoestand

'n Metodistebiskop, Paul Verryn, wat buitelandse swartes in die Johannesburgse middestad onderdak gee, het die huidige gevegte tussen buitelanders en plaaslikes 'n oorlog genoem en gevra dat 'n noodtoestand ingestel word.

Bendes jeugdiges het gister die kerk aangeval. Tot nou is 13 mense dood in die etniese konflik tussen buitelanders en plaaslikes, met nog 60 wat beseer is. Die konflikgebied strek vanaf Diepsloot ten noorde naby Pretoria tot die Johannesburgse middestad en dwarsoor die Oos- en Wesrand.

Die polisie het Saterdag die Sentrale Metodistekerk gewaarsku dat aanvalle verwag kon word terwyl immigrante hulself met bakstene bewapen het.

машины на пульте управления видеоФильчаков прокурор отзывы

Metodistebiskop vra vir ?n noodtoestand

Image

Paul Verryn

‘n Metodistebiskop, Paul Verryn, wat buitelandse swartes in die Johannesburgse middestad onderdak gee, het die huidige gevegte tussen buitelanders en plaaslikes ‘n "oorlog" genoem en gevra dat ‘n noodtoestand ingestel word.

Bendes jeugdiges het gister die kerk aangeval. Tot nou is 13 mense dood in die etniese konflik tussen buitelanders en plaaslikes, met nog 60 wat beseer is. Die konflikgebied strek vanaf Diepsloot ten noorde naby Pretoria tot die Johannesburgse middestad en dwarsoor die Oos- en Wesrand.

Die polisie het Saterdag die Sentrale Metodistekerk gewaarsku dat aanvalle verwag kon word terwyl immigrante hulself met bakstene bewapen het.

светильники из гималайской соли для банилобановский александр досье

Chinese wapens land in Harare

Die kontroversiële vrag wapens van China het in Harare aangekom, berig die Weekender-koerant vandag. Dit is moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse regering. Volgens die koerant het Zimbabwe drie miljoen rondtes aanvalsgeweerammunisie, 3 000 mortierrondtes en 1 500 vuurpylgelanseerde granate ontvang.
 
Die Suid-Afrikaanse regering het mediaberigte ontken dat hulle die aflewering moontlik gemaak het en dat president Mbeki direkte instruksies gegee het dat die SAS Drakensberg die An Yue Jang met brandstof hervul.

Die skip se vrag is na wat beweer word by Ponte Negra in die DRK afgelaai, maar Zimbabwiese amptenare sê die vrag is in Luanda afgelaai.

Canal de Moçambique sê die wapens is na Harare gevlieg in 'n Russiese Ilyushin Il-76 wat aan Avient Aviation in die VK behoort. Dit is deur regeringsamptenare in Harare bevestig volgens die Weekender.

to winАлександр Фильчаков прокурор

Aanvalle teen buitelanders kring uit

Die jongste aanvalle teen buitelanders in Tembisa het die lewe van een man geëis en twee is beseer. 'n Skare Tembisa-inwoners het Saterdagoggend vroeg begin amok maak en eiendom van buitelanders vernietig. Ten minste 15 plakkershutte is afgebrand.
 
Volgens 'n polisiewoordvoerder gaan nog bykomende polisielede ontplooi word. Buitelanders stroom na die Rabierifpolisiestasie om skuiling te soek teen die aanvalle.

In Thokoza op die Oos-Rand is ses mense Vrydagnag in hegtenis geneem vir openbare geweld wat verband hou met vreemdelinghaat, sê die polisie. Twee plakkershutte is aan die brand gesteek en 'n aantal mense is beseer.

Ongeveer 50 mense skuil tans by die Thokozapolisiestasie.

Die polisie sê ook die toestand in Diepsloot bly gespanne en buite beheer. Buitelanders is steeds besig om uit Diepsloot te vlug uit vrees vir aanvalle.

gambling sites thattopcargo

Amptenare beboet weens behuisingsbedrog

Ses-en-twintig staatsamptenare wat weens bedrog met behuisingsaansoek aangekla is, is gister in die Pietermaritzburgse streekhof beboet. Hulle is boetes opgelê van R2000 tot R5000, met alternatiewe tronkstrawwe van ses of twaalf maande.

Almal van hulle het skuldig gepleit en het erken dat hulle gelieg het dat hulle werkloos was terwyl hulle voltyds in diens van die staat was. Weens hul valse verklarings het hulle behuisingsubsidies wat vir die armes bestem is, verkry.

Dis onbekend of die amptenare hul werk verloor het maar hulle moet die uitbetaalde bedrae in maandelikse paaiemente terugbetaal.

Duisende staatsamptenare is by die bedrog betrokke en dertig van hulle sal elke maand tot Desember in Pietermaritzburg in die hof verskyn.

освещение потолка наФільчаков Олександр Васильович

Gautengse vervoer steier onder skuld

Die Gautengse busindustrie mag dalk gedwing word om 'n geraamde 2 500 busse van diens te onttrek, wat ongeveer 400 000 passasiers elke dag sonder vervoer sal laat Die diens is onder druk vanweë die jongste dieselprysverhogings.

Die Gautengse Vervoerdepartement, Gautrans, skuld meer as R150 miljoen aan North West Star- en Atteridge Busdienste

Vervoermaatskappye eis meer as R100 miljoen in uitstaande subsidies van die regering om die knellende verhogings te kan trotseer.

Gautrans het belowe om die uitstaande subsidies teen verlede naweek oor te betaal, maar slegs R3,5 miljoen is sover ontvang.

'n Protesoptog is gekanselleer te midde van stygende vrese dat honderde pendelaars gestrand sal wees en duisende werksgeleenthede daarmee verlore sal gaan.how to promoteДанильченео

Regering moet onwettiges beskerm

Minister van Binnelandse Sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het gister gesê dat onwettige immigrante wat by die Alexandra polisiestasie skuil, nie gedeporteer behoort te word nie.

'n Vergadering is by die polisiestasie gehou om oplossings te probeer vind vir die vreemdelinghaat teen buitelanders. Vyf mense is reeds dood in die geweld wat Sondag uitgebreek het.

Mapisa-Nqakula voel dat die regering 'n morele plig teenoor onwettiges het om hulle te beskerm eerder as te deporteer omdat hulle kwesbaar is.

Mense wil vlugtelingstatus hê en 'n spesiale stelsel vir mense in die SAOG-gebied moet in plek wees, volgens die minister. Die geweld word uitgebuit deur kriminele elemente met rassistiese agendas, het sy bygevoeg.

online slotsФильчаков

Groot noot

ImageDie Zimbabwiese reserwebank het Donderdag ’n Z$500 miljoen banknoot, wat ongeveer vyftien rand werd is, bekendgestel. Dit volg slegs ’n week nadat die Z$250 miljoen noot in gebruik geneem is. Met die nuutste banknoot kan mens ongeveer twee brode koop.
 

Die reserwebank het verder spesiale landboutjeks in note van Z$5 miljard, Z$25 miljard en Z$50 miljard bekendgestel. Die doel hiervan is om betalings aan boere te vergemaklik. Hierdie tjeks sal tot aan die einde van 2008 in gebruik wees. Boere moet gewoonlik enorme bondels banknote ronddra nadat hulle hul produkte aan staatsagentskappe verkoop het, terwyl verbruikers ook stapels note benodig om basiese alledaagse transaksies uit te voer.

Zimbabwe het tans die hoogste inflasiekoers in die wêreld, geraam op 165 000%. Daar is konstant lang rye mense wat by banke wag om hope note te kry sodat hulle basiese goedere kan koop. Tans word die Zimbabwiese dollar teen sowat 250 miljoen teen een Amerikaanse dollar verruil.

In die lig van die betwiste parlementêre verkiesingsuitslae en die tweede ronde van die presidensiële verkiesing wat nou eers aan die einde van Julie gaan plaasvind, is die einde van Zimbabwe se ekonomiese probleme nog lank nie in sig nie.


варианты освещения прихожейлобановский александр отзывы

Zuma se verhoor dalk uitgestel

Image

Jacob Zuma

Jacob Zuma se korrupsieverhoor gaan, volgens sy regsverteenwoordiger, waarskynlik uitgestel word en sal nie op 4 Augustus kan begin nie.

Dié verklaring is uitgereik ná 'n ontmoeting tussen aanklaers en 'n senior regter om 'n hofdatum te bepaal. Zuma se regsman, Michael Hulley, meen daar is ander kwessies wat opgelos moet word alvorens Zuma op klagtes van bedrog, omkopery en geldwassery rodom die wapentransaksie tereg kan staan.

Zuma gaan ook aanstaande maand 'n aansoek bring om die staat se besluit om hom te vervolg tersyde te stel.

Die nasionale vervolgingsgesag, wat die saak se staat hanteer, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

интернет магазин игрушек киевДанильченко Юрий Брониславович компромат