Vandale het ‘n olifantbeeld in Durban vernietig en twee beskadig, blykbaar in ‘n soeke na skrootmetaal, volgens die Sunday Tribune. Een olifant is tot ‘n hoop puin gereduseer, terwyl ‘n ander ‘n gat in die kant het waar ‘n deel van die draadraam ontbreek. Die ore en tande van ‘n derde olifant is verwyder en
‘Chink’ kos 2 hul werk
ESPN, die Amerikaanse sporttelevisienetwerk, het een werknemer geskors en ‘n ander een in die pad gesteek omdat hulle – dieselfde – rassistiese benaming gebruik het om die basketbalspeler van die New York Knicks, Jeremy Lin, te beskryf. In albei gevalle het hulle die woord “chink” gebruik in verwysing na Lin, ‘n Palo Alto-boorling van Sjinese
Geweld en xenofobie teister Rustenburg
Tussen 350 en 400 mense is in hegtenis geneem in verband met ‘n onwettige staking deur mynwerkers wat die afgelope week gewelddadig geraak het, het die polisie Sondag gesê. Volgens brig. Thulani Ngubane word hulle aangekla van opsetlike saakbeskadiging, diefstal, onwettige byeenkomste, openbare geweld en die besit van gesteelde goedere. Plaaslike ondernemings wat aan buitelanders
‘Ontban die Jeugliga’
ANC-jeugliga president Julius Malema het ‘n beroep op jong swartes gedoen om te veg vir die “ontbanning” van die Jeugliga, het SABC-nuus berig. Hy het sy volgelinge by Bosbokrand toegespreek. Malema gesê hy sal voortgaan om die African National Congress te ondersteun, selfs al is hy geskors, het die uitsaaier gesê. Die ANC se nasionale
SA Leviatan verslind 11 Kiwi’s
Vir die eerste helfte van vanoggend se T20 kriekettoets het die Nieu-Seelanders soos ’n miljoen dollars gelyk en die Proteas soos ’n gekreukelde R20-noot. Dis toe dat ’n blonde blanke jong Kapenaar, gebou soos ’n loskopstut, sy kolf getrek en die veld geneem het. Sestien boulbeurte later was daar van die swierige Swart Pet net
Kom ons trek laer rondom Pieter Mulder
Soos ek in my vorige rubriek te kenne gegee het, het daar begin Februarie iets ongeloofliks gebeur, toe genl. Johan van der Merwe die Belhar-belydenis se voorstanders met die waarheid oor die terreuraanslag teen Suid-Afrika in die tagtigerjare gekonfronteer het. Kort op die hakke daarvan, kom vandeesweek se verklaring deur dr. Pieter Mulder van die
Nuwe Klaas Waarzeggers en Jan Twyfelaars
Klaas Waarzegger se samesprake en briewe het groot geesdrif vir Afrikaans gebring. Talryke Afrikaanse briewe en samesprake het in die koerante, veral Het Volksblad maar ook De Zuid-Afrikaan en ander blaaie verskyn. Die 20ste-eeuse taalkundige J. du P. Scholtz het stukke in Afrikaans aangetref in ongeveer 300 nommers van koerante tussen 1861 en 1869. Klaas
Politokrasie – ‘n vernuwende blik op moderne staatsbegrip
Oorspronklike en vernuwende denkers in die politieke wetenskap en filosofie is in ons moderne tyd so skaars soos hoendertande. Professor Koos Malan het egter deur daardie muur gebreek, en hierdie uitstekende boek die lig laat sien, waarin hy die ontstaan en ontwikkeling van die moderne staat, of soos hy dit noem: “staatlikheid” ontleed en beskryf,
Lees verder: Politokrasie – ‘n vernuwende blik op moderne staatsbegrip
Verwoede Swart Pette verslaan lustelose Blommies net-net
Nieu-Seeland se Swart Pette, hulle nasionale krieketspan, het die openingstrofe, die eerste T20-wedstryd van die Proteas se toer, fluit-fluit gewen. En as die oorwinning nie reguit na hulle gloeiende hoofde gegaan het nie, en hulle enigsins ’n in staat tot ’n nugtere ontleding van die wedstryd en hulle vooruitsigte is, sal hulle hard en verbete
Lees verder: Verwoede Swart Pette verslaan lustelose Blommies net-net
Dis ‘n smeltkroes-rekord
Gemengde huwelike in die VSA het geklim tot 4,8 miljoen, ‘n rekord van 1 uit elke12, soos ‘n konstante invloei van nuwe Asiatiese en Latyns-Amerikaanse immigrante die poel van voornemende huweliksmaats uitbrei. Swartes is nou ook aansienlik meer geneig as voorheen om met blankes te trou. ‘n Pew Research Center-studie, Donderdag vrygestel, gee besonderhede oor
