Waar is die Jeugfeesgeld heen?

Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) het vandag aangekondig dat die omstrede Wêreldfees vir Jeug en Studente wat tydens Desember 2010 deur die agentskap in Pretoria aangebied is, se kostes R100 000 000,42 beloop het. “Dit is verregaande dat hierdie fees se kostes ‘n R100 miljoen was. Die NYDA het aanvanklik aangedui dat die kostes R69 miljoen was. Dit is onaanvaarbaar dat daar soveel onduidelikheid oor hierdie kostes en die befondsing daarvan bestaan,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Die VF Plus eis dat die NYDA bekendmaak waar hierdie R100 miljoen vandaan gekom het. Daar is voor die fees gesê dat die Nasionale Lottery Raad R40 miljoen, die Presidensie R27 miljoen en die departement van Kuns en Kultuur R3 miljoen vir die aanbied van die fees bewillig het. “Dit is die belastingbetaler se geld wat op so ‘n fees gemors is en daarom het die publiek die reg om te weet waar presies die totale bedrag vandaan gekom het en waarop dit spandeer is,” het Wessels gesê.

Die VF Plus het op 17 Januarie 2011 ‘n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien, waarin gevra word dat die beweerde ongerymdhede rakende die NYDA en die Wêreldfees ondersoek word. Die OB het reeds ontvangs van hierdie klag erken. Die VF Plus gaan die addisionele R31 miljoen by die klagte voeg vir ondersoek. Dit is nou van kritieke belang dat hierdie agentskap ondersoek word en dat daar ingegryp moet word.

“Die NYDA het ‘n R100 miljoen bymekaar gekry om ‘n fees aan te bied – hoekom kan hul nie met dieselfde ywer hul mandaat wat jeugontwikkelling behels, uitvoer nie?” het Wessels gevra.

vibia amebaФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae