Internetdienste in die Egiptiese hoofstad Kaïro is weer gedeeltelik aanlyn na vyf dae van stilte tydens opstande teen president Hosni Mubarak se 30 jaar-lange bewind.
Die land se vier vernaamste internetdiensverskaffers het hul dienste Donderdag gelyktydig om 2234 GT opgeskort, slegs twee dae nadat die eerste onluste uitgebreek het.
Die sosiale netwerke Twitter en Facebook is gebruik om betogers te mobiliseer.
Sowat 23 miljoen Egiptenare het toegang tot die internet, meer as ‘n kwart van die land se mense.
Dié internetstilte was die grootste amptelike stilte van sy soort, het kenners gesê.
