Twee swart mans, albei ongeveer 70 jaar oud, is deur hul families in sentrale Mosambiek doodgeslaan omdat hulle vermoedelik by heksery betrokke was, het die dagblad O Pais Donderdag berig.
Volgens polisiewoordvoerder Mateus Mazive is vyf mense vir die twee se moorde in hegtenis geneem.
Die beskuldigdes, wat erken het dat hulle die moorde gepleeg het, het glo die bejaarde mans met stokke doodgeslaan.
Moord op vermeende hekse het die afgelope paar jare in Mosambiek afgeneem, maar dié jaar is daar nogtans vyf in die Sofala-provinsie vermoor.
