Lindiwe Sisulu, weier om twee verslae bekend te maak wat deur die tussentydse weermagdienskommissie opgestel is.
Lede van die portefeuljekomitee oor verdediging is ontevrede met die weiering van die minister van verdediging en militêre veterane.
Die kommissie is deur Sisulu self in die lewe geroep nadat duisende soldate verlede jaar oor salarisverhogings by die Uniegebou amok gemaak het.
Die polisie moes uiteindelik ingeroep word om die oproer onder bedwang te bring.
Die kommissie het reeds sy verslag aan die minister oorhandig, maar slegs sy kan besluit om dit openbaar te maak.
