Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Lawrence Mushwana sê die regering se gebrekkige reaksie om xenofobiese geweld te bekamp en te bestry is ‘n reuse frustrasie.
Hy het voor die parlement se portefeuljekomitee vir justisie verskyn.
Mushwana sê staatsdepartemente het eenvoudig nie gehoor gegee aan aanbevelings wat die kommissie in Maart in ‘n verslag uiteengesit het nie.
Hy sê hy het een direkteur-generaal gevra om terugvoer op die MRK se aanbevelings te gee, maar hy wag steeds op ‘n reaksie.
