Waterwese laat 1miljard verdwyn

Gebrekkige tenderprosedures by die departement van waterwese het gelei tot die wanbesteding van meer as ‘n miljard rand. 

Die bevindings is in ‘n verslag wat deur die ouditeur-generaal, Terrence Nombembe aan die Parlement voorgelê is, vervat.

Nombembe het verlede jaar ‘n ondersoek geloods nadat die minister van waterwese, Buyelwa Sonjica ‘n dokument aan hom oorhandig het met bewerings van wanbestuur.

In een kontrak vir rekenaardienste is die kontrak herhaaldelik verleng, wat die koste met sowat 600 persent opgestoot het.

Die departement kon daarbenewens ook nie ‘n ondertekende kontrak met die diensverskaffer verskaf nie.

Volgens Nombembe het die destydse direkteur-generaal belange by ‘n suksesvolle bieër. Nombembe het swak leierskap vir die beweerde diefstal verantwoordelik gehou.

банилобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae