Net nog ‘n storm in ANC-teekopppie

Die ANC sal nie vir Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakverbond Cosatu, aankla ná sy kommentaar oor korrupsie nie.

Dít volg ná die hoogdrama waartydens Cosatu gedreig het sulke stappe kan die einde van die alliansie beteken.

“Om Vavi aan te kla sal nie die beste opsie wees om te neem nie,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê.

Die ANC het besluit dat dit nie die beste keuse sal wees om Vavi “polities” aan te kla nie. Hulle sal nou met Cosatu in samesprekings tree oor Vavi se opmerkings rakende korrupte ministers.

easy casino gamesОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae