Rowers wat sokkertoeris beroof se saak uitgestel

Ses rowers wat glo ‘n sokkertoeris van Chili beroof het, se saak is Maandag in die spesiale 2010-hof in Nelspruit uitgestel, het polisie gesê. 

Die kriminele sal weer Vrydag in die hof verskyn, volgens kaptein Leonard Hlathi.

Die mans het glo die Pine Inn-hotel in Witrivier op 6 Junie van R4 000 beroof, voordat hulle ‘n vuurwapen op die 33-jarige Sergio Divona gerig het, sy skoene en selfoon gegryp en die pad gevat het.

Divona was nie in die hof nie, hoewel hy teen die verdagtes sal moet getuig.

оборудование автолобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae