Die Burger berig dat die DA Patricia De Lille op die party, die OD, gaan insluk.
De Lille sal na verwagting binnekort een van die DA se topposte beklee. Sy sal glo ná die DA-kongres in Julie as nasionale voorsitter dien.
Joe Seremane, wat tans dié pos beklee, tree vanjaar uit as LP. Zille sal na verwagting onbestrede tot DA-leier herkies word.
Zille was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
