Vyf mense is oor die naweek wreed in hulle woning in Jagersfontein in die Vrystaat aangeval met messe en grawe.
Boet (80) en Francina (77), broers Marius (44) en Marthinus (35), en broerskind Juan (13)Van Vuuren is in hul huis in Harringtonstraat deur ses swart mans wat die huis binnegedring het, verwoed geskop en geslaan.
Mev Van Vuuren is tans in ‘n koma in die hoësorgeenheid van die Pelonomi-hospitaal.
Boet en Marius wat albei in rolstoele is, is ewe erg aangerand.
Die huis was ‘n bloedbad toe hulp uiteindelik opdaag.
‘n Boer is ook verlede week in sy bed in sy huis op sy plaas naby Potchefstroom doodgeskiet. Paramedici sê die man (46) is noodlottig gewond toe skote deur sy kamervenster gevuur is.
“Hy het menigte skietwond aan die linkerkant van sy rug opgedoen. Sy beserings was noodlottig,” het Vanessa Jackson, woordevoerder vir ER24, Sondag gesê.
Die man se pa, wat ook in die huis was tydens die voorval, is nie beseer nie.
Polisie in die Noordwes wou nie kommentaar lewer nie.
Die lyk van ‘n boer wat reeds besig was om te ontbind is ook die naweek in Thabong gevind, het polisie in die Vrystaat Maandag gesê.
Die man het geen sigbare beserings gehad nie en dit was onbekend hoe lank sy lyk op Memoranda Plaas gelê het, het insp. Malebo Khosana gesê.
Sy identiteit was ook nog nie bekend nie.
‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.
