Menseregtedag gevier met ‘Skiet die boere’ en nasionalisering

Julius Malema, ANC-Jeugleier meen dat ‘wit boer’ joernaliste ‘n sameswering teen hom voer, het 702 eyewitness news Maandag berig.

Malema het jeugdiges tydens Menseregtedag in Mafikeng toegespreek, en ‘wit boer’ joernaliste gekritiseer en beweer dat hulle ‘n persoonlike vendetta teen hom koester.

Die radiostasie berig dat Malema aan toeskouers gesê het dat wit joernaliste niks van die vryheidstryd af weet nie.

Hy het ook gesê dat swart joernaliste word onderdruk.

Malema het gesê dat die Sharpeville-voorval van 1960, waar die polisie altesaam 69 mense doodgeskiet het omdat hulle teen paswette betoog het, is deur die ANC georganiseer maar later deur die PAC gekaap.

Volgens Malema moet burgers die regte geskiedenis van die land leer.

Hy het sy oproep onder luide toejuiging herhaal dat die myne genasionaliseer behoort te word en gesê dat inwoners van Mafikeng die minerale van hul streek behoort te besit.

Malema het sy toespraak voor sowat 2 000 mense singend afgeskop met “Skiet die Boere”. Hy het die strydlied beskryf as een van die vryheidsliedere van die Sharpville-era en daarom gepas.

Hy het wit Afrikaanse joernaliste daarvan beskuldig dat hulle nie die ANC of hul vryheidstryd ken nie, nie skryf nie wat die Jeugliga sê nie en ook nie luister nie.

Swart joernaliste skryf glo weer nie hul eie berigte nie, en hul name word skynbaar deur redakteurs gebruik om inligting wat nie van die swart joernaliste self afkomstig is nie, te publiseer.

купить пижаму для девочки 2 годаФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae