Volstruispolitiek oor rassisme in Nederland

Terwyl die Nederlandse owerheid steeds gereeld ontken dat sekere insidente ‘n rassistiese ondertoon het, kom rassistiese geweld, vernielsug en bedrygings al dekades lank gereeld in die land voor.

Hierdie stellings kom uit die pas verskene boek, Al Eeuwenlang een gastvrij volk – Racistisch geweld en overheidsreacties in Nederland (1950-2009) deur die politieke ontleder, Rob Witte.

Die eerste deel van sy boek se titel verwys na ‘n opmerking twee jaar gelede deur minister Rita Verdonk toe sy gesê het die Nederlanders is al eeue lank ‘n gasvrye volk. Witte gebruik hierdie opmerking as parodiese vertrekpunt tot die skets van die werklikheid, naamlik ‘n volk wat al dekades lank dikwels baie rassisties teenoor aankomelinge optree. Hy meen dit het veral sedert die Tweede Wêreldoorlog struktureel voorgekom. Oor die jare het die teikengroepe verander, die optrede nie. Eers was dit Spaanse en Italiaanse gasarbeiders wat dit hotagter gekry het, later Marokkaanse en Turkse gasarbeiders, en nou is Moslems in die algemeen in die visier.

Dit is juis die volstruispolitiek hieroor wat daartoe lei dat plaaslike owerhede, wat amptelik van g’n sout af water geweet het nie, met hul broeke op die knieë gevang word wanneer geweld oorkook. – Trouw

slots slotsалександр лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae