Angola is vér, sê ANC

Suid-Afrika is gereed vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi en die aanval op die Togolese sokkerspan in Angola het geen invloed op die land se gereedheid nie, het die ANC Dinsdag gesê.

“Ons is meer as gereed in Suid-Afrika en ons het volle vertroue in die werk van ons veiligheidsmagte,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, by Millpark hospitaal in Johannesburg gesê.

Volgens Mthembu is Suid-Afrika nog altyd gereed vir die toernooi en die land sal nie net verslag doen van sy veiligheidsreëlings nie.

‘n Verslaggewer van BBC het aan Mthembu gevra hoekom Suid-Afrika se reaksie na die voorval op die Togolese span “oorsensitief” was.

“Enigiemand wat dink ons is oorsensitief in ons reaksie is verkeerd… as ‘n land het ons geen vrese oor wat gaan gebeur nie.”

Mthembu het bygevoeg dat hy nie verstaan hoe die korrelasie tussen Angola en Suid-Afrika gemaak word terwyl die twee lande kilometers ver van mekaar is nie.

Die uitvoerende hoof van die plaaslike reëlingskomitee, Danny Jordaan, het Dinsdag by ‘n persverklaring gesê dat dit nie logies is om die land se veiligheidstandaarde te bevraagteken op grond van die aanval in Angola nie.

 

play online slotsлобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae