Immigrasie moet gestuit word sê Britse groep

‘n Aantal hoëprofiel openbare figure uit verskeie politieke tuistes in Brittanje het Dinsdag gewaarsku dat immigrasie “ernstige skade” aan die gemeenskap kan aanrig. Immigrasie moet dadelik gestaak word sodat die inwonertal van die VK nie 70 miljoen bereik nie, het hulle gesê.

Bekende en gerespekteerde stemme waaronder die aartsbiskop van Kantelberg Lord Carey, voormalige Arbeiderspeaker Betty Boothroyd en oud-Konserwatiewe voorsitter Michael Ancram vra dat albei groot partye in Brittanje instem tot ‘n belofte om die invloei van vreemdelinge te beperk tot minder as 40 000 per jaar.

Tans is daar 163 000 immigrante wat die VK per jaar binnestroom.

Die beperking moet verhoed dat die bevolking binne die volgende twee dekades die 70 miljoen-kerf haal.

Ander ondertekenare van die verslag getiteld ‘70million is too many’, sluit Lord Jordan, eertydse president van die Amalgamated Engineering and Electrical Union, asook die ekonoom Lord Skidelsky in.

Die dokument waarsku dat Whitehall se vooruitskattings vir 2029, naamlik 70 miljoen inwoners, ‘n katastrofe sal beteken vir “openbare dienste, kwaliteit van lewe en die aard van die samelewing”. Hulle het bygevoeg dat die harmonie van die land bedreig word deur die teenwoordigheid van aanstons 7 miljoen vreemdelinge.

Die verslag is onder die vaandel van die Cross-Party Group on Balanced Migration, uitgereik. Die opstellers waarsku dat gevaartekens soos die ondersteuning van “ekstremistiese” politieke partye toeneem. Volgens die verslag stem bykans ‘n miljoen kiesers reeds vir “ekstremistiese politieke partye”.

Hulle sê voorts dat Brittanje “beheer oor immigrasie verloor het” en dat dit jare sal neem om reg te stel.

 

купить палаткуДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae