Eerste minister ‘tweet’

Die eerste minister van Japan, Yukio Hatoyama, het sy eie woernaal begin en ‘tweet’ glo daagliks in ‘n poging om sy gewildheid ‘n hupstoot te gee.

“Gelukkige Nuwejaar almal,” het hy in sy eerste ‘tweet’ geskryf en aandag daarop gevestig dat hy dit self geskryf het.

“Ek gaan probeer om een tweet elke dag te skryf totdat ek gewoond daaraan is.”

Die Japannese weergawe van Twitter is in April verlede jaar gestig.

Hatoyama se woernaal se naam is Hato cafe met foto’s wat hy self geneem het. Hy het ook daarop geskryf dat hy jammer is oor al die foute wat hy in die verlede gemaak het.

 

лампы классикаФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae