De Vos vra Zuma om verskoning

Prof. Pierre de Vos, regskenner aan die Universiteit van Kaapstad, het “onvoorwaardelik” om verskoning gevra nadat hy gesê het pres. Zuma “ is niks minder nie as ’n rampokker wat hom en sy bende makkers tot elke prys sal beskerm”.

De Vos het dié belediging verlede week op sy blog Constitutionally Speaking gepubliseer.

Die presidensie het De Vos se uitlating veroordeel en gesê “die standaarde van fatsoenlikheid en intelligente debatvoering word oorskry”.

Vusi Mona, Zuma se woordvoerder, het De Vos se kommentaar “skokkend en gemeen” genoem.

De Vos het gesê hy is jammer oor sy onvanpaste taalgebruik wat afbreuk doen aan die substantiewe debat oor die onverkwiklike aanstelling van adv. Menzi Simelane as die nasionale direkteur van Openbare Vervolging.

“Miskien het ek te ver gegaan in die wyse waarop ek my kritiek uitgedruk het, maar Simelane se aanstelling is steeds skokkend en onvanpas.”

 

брюки для девочкиАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae