Obama te wit, te swart, te groen

In ‘n studie deur die Universiteit van Chicago is bevind dat pres. Barack Obama se ondersteuners hom op getinte foto’s van die president witter skat as wat hy werklik is, en dat sy teenstanders hom weer swarter skat as wat hy werklik is.

Sy grootste onmiddellike probleem is egter dat teenstanders in die Kongres hom as te groen beskou, nadat die president aangekondig het dat hy die VSA aanstaande maand in Kopenhagen gaan verbind tot ‘n 17 % afname in koolstofgasse oor die volgende dekade, en ‘n 83 % vermindering teen die middel van die eeu.

Obama se groen planne sal hoër koste vir die sakesektor en Yankeepubliek inhou. Tóg meen die meeste waarnemers sy planne word nie as té donkergroen ervaar nie.

Om die voorgenome beloftes by die Kopenhagen-klimmaatberaad gestand te doen, sal die deurvoer van ‘n komplekse stel wetgewing en maatreëls deur die kongres behels. Hieronder tel verskeie maatreëls om ‘n liggroen randjie om die donkergroen wolk te plaas om die impak vir verbruikers te versag. Met die versagtende maatreëls word beraam dat dit die gemiddelde huishouding sowat $173 per jaar meer sal kos, en daarsonder $890. Ander raam die bykomende koste sal tussen $900 en $3 000 per jaar wees.

Die beperking van koolstofdioksied kan egter ook miljoene lewens spaar van mense wat andersins aan hart- en longtoestande sou gesterf het.

 

форма справки 001-гс/уФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae