Australië vra verskoning vir weeskinders

Die Australiese premier, Kevin Rudd het verskoning gevra vir die pyn en mishandeling wat duisende weeskinders en kinders, wat vanaf Brittanje na Australië gestuur is in baie gevalle sonder die medewete van hul ouers, moes deurmaak.

Rudd het aan ‘n groep van ongeveer 900 voormalige weeskinders, wat die “Forgotten Australians” genoem is, gesê dit was ‘n pynvolle en lelike tyd in dié land se geskiedenis wat tot emosionele skade en afwesigheid van liefde en sorg gelei het.

Baie arm kinders in Brittanje is tussen 1930 en 1970 na lande van die Britse Statebond, meestal Australië en Kanada, gestuur met die belofte van ‘n beter lewe.

Tog is baie van dié kinders mishandel, as plaasarbeiders gebruik of na inrigtings teen hul wil gestuur.

Na verwagting sal die Britse premier, Gordon Brown, ook aan sowat 7 000 voormalige weeskinders verskoning vra, wat per skip na Australië, onder die destydse kindermigrasie-skema, vervoer was.

 

современное лечение пародонтозаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae