Suid-Afrikaner hoof van Greenpeace

Kumi Naidoo is Maandag aangewys as die omgewingsaktivistegroep Greenpeace se hoofuitvoerende direkteur .

Naidoo is ‘n Suid-Afrikaner en oud anti-apartheidsaktivis wat nou dié organisasie se wêreldwye veldtog teen armoede, en vir die beskerming van menseregte, gaan lei.

Hy vervang vir Gerd Leipold, ‘n Duitser wat voorheen ook hoof van Greenpeace se kernontwapeningsveldtog was.

Naidoo sê klimaatsverandering sal sy nuwe werk ‘n logiese toevoeging tot sy CV maak omdat daar geen punt daarin is om ander ontwikkelingskwessies aan te pak as die hele planeet in gedrang is nie.

Leipold sê Naidoo verteenwoordig ‘n keerpunt vir die organisasie omdat hy die eerste Afrikaan is wat as hoof van Greenpeace aangestel word en ook die eerste wat van buite die organisasie af kom.

 

самые красивые куклыЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae