Indië weier joernaliste vir Dalai Lama

Die Indiese regering het Donderdag geweier om buitelandse joernaliste toe te laat om die Dalai Lama se besoek aan die noordoostelike staat te dek. Dít kom na ‘n lang grensdispuut met China.

Versoeke vir permitte vir buitelandse korrespondente om na die staat van Arunachal Pradesh te reis, is afgekeur. Die regering het ook permitte wat hy vroeër aan vier korresponde gegee het, teruggetrek.

Buitelanders het spesiale toestemming vanaf die regering nodig om die bergagtige staat te besoek.

“Ons is verbaas en teleurgesteld dat verslaggewers se visums gekanselleer was, voor die Dalai Lama se besoek,” het Heather Thomas, president van die Nieu-Delhi gebasseerde Foreign Correspondent’s Klub gesê.

China het die spirituele leier van Tibet se besoek aan ‘n Boeddhisteklooster in die Arunachal Pradesh stad van Tawang, ten sterkste teengestaan. Die besoek sou Sondag begin.

Alhoewel verhoudinge tussen Indië en China die afgelope paar jaar verbeter het, kan die gemoedere steeds opvlam weens die grens wat hulle deel, die onrus in Tibet en ook die verskerpte ekonomiese wedywering.

Die Dalai Lama het verlede week aangekondig dat China sy reise oorpolitiseer. Volgens hom is die besluite wat hy neem spiritueel gebasseer en nie polities nie.

 

10 free pokerДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae