Beboet omdat hulle nie Engels praat nie

Dallas, in die Amerikaanse deelstaat Texas, se polisie het oor die afgelope drie jaar 39 bestuurders beboet omdat hulle nie Engels gepraat het nie, het polisiehoof David Kunkle Vrydag aangekondig.

Die polsielede wat hulleself daaraan skuldig gemaak het, gaan aangekla word vir ampsoortredings.

Die sake wat nog nie aangehoor is nie, gaan laat vaar word, en diegene wat ‘n $204 boete moes betaal, gaan vergoed word, het hy gesê.

“Ek was verbaas en geskok dat dit kon gebeur, veral in ‘n stad soos Dallas,” het Kunkle gesê. “In my wêreld, sê ‘n mens nooit aan iemand om nie Spaans te praat nie.”

Die boetes is deur ses verskillende wetstoepassers van verskillende afdelings uitgedeel. Een polisiebeampte het vyf van die boetes uitgeskryf.

Die boete aan Ernestina Mondragon op 2 Oktober omdat sy ‘n “nie -Engelssprekende bestuurder” is, het gelei tot die ontdekking van die ander boetes vir die “taaloortreding”.

Die polisiebeampte het glo deurmekaar geraak met ‘n federale wet wat vereis dat kommersiële bestuurders Engels moet magtig wees. Kunkle sê sy departement pas in elk geval nie dié betrokke wet toe nie.

Mondragon se moedertaal is Spaans en sy praat skaars Engels. Die klag teen haar is intussen laat vaar

Die Dallas-polisie reik ongeveer 400 000 boetes per jaar uit en alhoewel die persentasie “taaloortredings” gering is, is dit volgens George A. Martinez, ‘n professor by die Southern Methodist Universiteit se Dedman School of Law, ernstig genoeg om diskriminasie teen Latyns-Amerikaners op grond van hulle taalgebrek te bewys.

 

ландшафтное освещение участка фотоФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae