Nuwe supergeleier ontdek

Daar is groot vooruitgang gemaak in die materiaalwetenskappe die afgelope 20 jaar en onlangs is aangekondig dat ‘n nuwe supergeleier ontdek is wat teen 254 kelvin (-19C) supergelei. Dit is vir die eerste keer om in ‘n gewone vrieskas die materiaal koud genoeg te hou. Hierdie deurbraak is nie gepatenteer nie met die hoop dat dit sal lei tot deurbrake deur ander navorsingsgroepe. Hoewel die supergeleier teen ‘n baie hoë temperatuur werk, is dit nog nie prakties vervaardigbaar nie en baie breekbaar.
Supergeleiers is geleiers met geen weerstand nie. Dit word gebruik in baie sterk elektromagnete en vir die vervoer van elektrisitiet met geen verlies nie. ‘n Onlangse aankonding van so projek is in Texas waar hoë temperatuur supergeleiers gebruik gaan word om drie van Amerika se groot elektrisiteitsvoorsieningsnetwerke aan mekaar te koppel. ‘n Vyf-en-vyftig vierkante kilometer driehoek gaan gebou word en 50 Giga Watt sal tussen die verskillende netwerke versprei kan word.
Soos supergeleiers en ander materiale verbeter gaan ons al hoe meer wonderlike goed sien. As hulle ‘n kamertemperatuursupergeleier kan maak sal oulike speelgoed soos ‘n magneet wat sweef bo die super geleier (sonder enige eksterne elektrisiteitsinset) moontlik wees. Supersterk magnete en baie effektiewe kleinskaalse kragopwekking en vele meer gaan nog een van die dae met ons wees.

‘n Paar interessante skakels:
http://finance.yahoo.com/news/Superconductor-Electricity-bw-1358093940.html?x=0&.v=1
http://www.superconductors.org/254K.htm

влагостойкие светильники для ваннойФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae