Rooi Oktober

Onder kommuniste, wêreldwyd, is Oktobermaand van groot belang en waarde. Dit is gedurende Oktober dat die Bolsjevistiese rewolusie, wat reeds in Februarie 1917 begin is, ‘n hoogtepunt bereik het met die finale omverwerping van die Russiese regering in Petrograd, ook genoem St. Petersburg.

Die Februarie rewolusie het sy ontstaan gehad teen die agtergrond van ‘n verhongerde Russiese gepeupel. Daar was erge brandstoftekorte en die Russiese weermag is beskuldig van vrotsigheid en onbekwaamheid. Rusland was teen 1917 deel van die geallieerde magte, wat in die eerste wêreldoorlog saamgesnoer was teen Duitsland.

Die Romanofs, met tsaar Nicholas die tweede as patriarg, word onttroon en uitgemoor. ‘n Voorlopige regering word saamgestel onder prins Georgi Lwof. Hy word egter vinnig opgevolg deur Alexander Kerensky. Hierdie regering het baie min ondersteuning gehad omdat baie troepe, kommunikasiekanale en Rusland se vervoerstelsel, steeds in die hande was van ‘n klein groepie werkers en gepeupel in Petrograd. Hierdie groepie het bekend gestaan as die Petrograd Sowjet, of dan die St. Petersburg Raad. Hulle het ontstaan na die mislukte rewolusie van 1905. Hulle leier was Wladimir Lenin, met sy regterhand-man Leon Trotski.

Geheime vergaderings is amper elke nag van Oktobermaand deur die Bolsjewiste gehou. Vermommings soos pruike en vals baarde word deur al die leiers op hierdie vergaderings gedra. Die tussentydse regering vermoed niks nie. Op die nag van 25 en 26 Oktober word die parlementêre geboue en die Winterpaleis deur die Bolsjewistiese werkers oorgeneem. Slegs sowat 25 skote word geskiet waarvan net 2 die paleis tref. Die oorlogskip, die Aurora, wat in die Nevarivier op anker lê, skiet ‘n paar skote met loskruitpatrone.

Al die ministers van die tussentydse regering word gedweë gearresteer. Die volgende dag neem werkers beheer van alle fabrieke in alle groot stede. Banke word onmiddellik genasionaliseer en die Bolsjewiste met Lenin as leier verklaar hulself die regeerders van die nuwe Unie van Sosialistiese Sowjet Republieke. En die res is geskiedenis.

Ons weet teen die tyd dat kommunisme nie geslaagd was nie.

Die wêreld deur het ons gesien dat die stelsel nie werklik oor die welsyn van die mense gaan nie, maar wel oor die mag en selfverryking van die staat en sy leiers. Kapitalisme en die Vryemark het ook hul probleme, maar is baie meer deursigte stelsels, waarin die hardwerkende en skeppende landsburger wel ‘n sê het in sy eie welstand en welvaart. Selfs Rooi-Sjina het al so verander dat die land deur sommiges nie meer beskou word as waarlik kommunisties nie.

Oral verander dit, behalwe in Suid-Afrika. Dit het sluimerende kommunisme in Rusland slegs 12 jaar, vanaf 1905 tot 1917, geneem, om die bewind oor te neem en alles te nasionaliseer. Die uitgebreide Rooi Oktober-vierings wat deur die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party gereël word, maak dit duidelik dat kommunisme as ideaal beslis nie dood is nie. Is die ANC nie dalk maar ook net ‘n tussentydse regering waarbinne die kommunis veilig lê en skuil voordat hy, sonder dat daar enige skote klap, die land probeer oorneem nie?

 

best online casino no deposit bonus codesлобановский александр

2 thoughts on “Rooi Oktober”

  1. Nooit gedink ek sal iets konstruktiefs of PRAAG kwytraak nie, maar het die eerste 5 paragrawe geniet. Egter, die skrywer het duidelik nie ‘n benul wat kommunisme behels as hy/sy dink die ANC of selfs SAKP enigsins neig in daardie rigting nie. Inteendeel, NP beleid was meer sosialisties (vir witmense) as ANC. Zuma is al gerate as verder regs as torie leier david cameron ! Die nasionalisering gesprek pop gewoonlik op voor verkiesings, maar sal nooit gebeur nie, daars te min geld daarin vir die ANC. En kommunisme het goeie punte, het al in ‘n kommunistiese land gebly, almal het kos en eie vervoer. Geen plakkerskampe. Aansoenlik minder geweld as SA. Eintlik sal die skrywer teleurgesteld wees in hoe goed dit werk in vergelyking met SA, asook hoe regs ons regering is. En ek sê nie dis perfek nie, ek sê bloot kapitalisme is onmenslik.

Maak 'n opvolg-bydrae