‘n Swart seun van 12 is in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die hof nadat hy glo ‘n agtjarige seuntjie in Zola, Soweto verkrag het.
“Die twee seuntjies was aleen in die huis toe die voorval plaasgevind het,” het Inspekteur Kay Makhubela, ‘n polisiewoordvoerder, Vrydag gesê.
Die ma van die slagoffer het opgemerk dat alles nie pluis is met haar kind nie.
“Sy het hom kort daarna na ‘n dokter geneem wat bevestig het dat haar kind verkrag is.”
Die 12-jarige sal Vrydag op aanklag van verkragting in die Protealanddroshof verskyn.
