Bok van Blerk, jou geskiedenisonnie was nie so skerp!

Met ʼn onlangse besoek aan Pretoria het ek toevallig by ʼn verkeerskruising agter ʼn Bok van Blerk-toerbussie beland. Op die agterkant was daar ʼn uitbeelding van ʼn Boerekryger in die saal en ʼn Tommie aan sy linkerkant.

Die geweer in die hande van die Boer het egter glad nie soos ʼn Mauser gelyk nie, maar meer soos ʼn Winchester, op sy eie ʼn fout wat De la Rey dalk self uit sy graf kan laat herrys.

ʼn Nog meer ooglopende onakkurate voorstelling is die saal waarop die Boer sit. Die horing voorop hierdie saal is ʼn kenmerk van die Amerikaanse Cowboy-sale. Die Boere se sale was plat aan die voorkant, en het dus heel anders uitgesien.

Die .303 in die hande van die Tommie, is ook volgens my mening nie heeltemal korrek nie. Hierdie geweer se vorm lyk meer soos ʼn latere weergawe wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in gebruik was, en nie dié waarmee in die jare 1899-1902 geveg is nie.

Dit is belangrik om jou geskiedenis getrou uit te beeld, net soos wat dit belangrik is om akkuraat daaroor te skryf en te praat. Geloofwaardigheid lei ook tot lojale ondersteuning en die respek van die breë publiek.

купить пуско зарядное устройство для автомобильного аккумуляторалобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae