Swartes stap uit Kriegler se FUL

Senior advokate Dumisa Ntsebeza en Kgomotso Moroka asook die sakeman Cyril Ramaphosa het hul bande met die organisasie Freedom Under Law, FUL, waarvan oudregter Johann Krieg­ler voorsitter is, oor die naweek verbreek.

Ntsebeza en Moroka het albei op FUL se direksie gedien en Ramaphosa was deel van die internasionale raad van advies van die organisasie.

Volgens Ntsebeza het Kriegler ’n “duidelik neerbuigende houding teenoor swart mense” en voer hy 'n "openbare veldtog teen die GDK". Ntsebeza die ook op die GDK.

Hy het gesê hy is in beginsel nie gekant teen die aansoek om hersiening nie, maar Kriegler se neerbuigende houding teenoor swartes het 'n herhalende tema geword in die oudregter se openbare uitsprake en dit het onmoontlik geraak om daarmee saam te leef.

Ntsebeza het verwys na ’n toespraak op 18 Augustus by die Universiteit van die Witwatersrand waar Kriegler gesê het die onafhanklikheid van die regbank moenie op die “altaar van transformasie” opgeoffer word nie.

Moroka en Ramaphosa het in ’n gesamentlike mediaverklaring gesê hulle is "diep bekommerd" dat hulle nie "ingelig of gekonsulteer is oor FUL se besluit om dié regsgeding te begin nie".

Die skielike bedankings kom kort nadat Kriegler aangekondig het dat FUL die Geregterlike Dienstekommissie se besluit gaan teenstaan om die saak teen die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe te laat vaar.

Kriegler sê dat die GDK se versuim om sy “konstitusionele plig uit te voer” die “grootste bedreiging vir die regsorde” in Suid-Afrika is.

оптовые цены трековые светильникиФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae